Gedurende hierdie Jeugmaand vier ons studente wat positiewe verandering op die kampus, in hulle gemeenskappe en verder bevorder. Hulle help deur hulle leierskap, deernis en toewyding om ʼn beter toekoms vir Suid-Afrika te bou. Hierdie profiele plaas die kollig op die impak en energie van ʼn nuwe generasie studente val wat verandering aan die Universiteit Stellenbosch (US) bewerkstellig.