Gedurende hierdie Jeugmaand vier ons studente wat positiewe verandering op die kampus, in hul gemeenskappe en verder bevorder. Deur hul leierskap, deernis en toewyding help hulle om ʼn beter toekoms vir Suid-Afrika te bou. Hierdie profiele laat die kollig val op die impak en energie van ʼn nuwe generasie studente aan die Universiteit Stellenbosch (US) wat verandering bewerkstellig.