Die Minister van Elektrisiteit en Energie, dr Kgosientsho Ramokgopa, het met personeel en studente by die Universiteit Stellenbosch (US) geskakel as deel van die Departement van Elektrisiteit en Energie se uitreikprogram oor nasionale energievaardighede. Suid-Afrika se energie-ambisies sal afhang van die vinnige uitbreiding van die land se ingenieurs- en tegniese vaardigheidsbasis. Die US deur sy Sentrum vir Hernubare en Volhoubare Energiestudies (CRES) en die Fakulteit Ingenieurswese geïdentifiseer as ’n sleutelvennoot vir die regering se uitreikaksie om sy vaardigheidsbasis uit te brei.