Tegnologie-oordragkantoor
By die Innovus Tegnologie-oordragkantoor is ons trots daarop om ons navorsers te help om nuwe en innoverende navorsing in kommersieel lewensvatbare produkte of dienste te vertaal, en om wetenskaplike en tegnologiese navorsing na die mark oor te dra deur kommersiële geleenthede soos lisensiëring of die begin van 'n nuwe maatskappy.




