Thaakira Jabaar, 'n meestersgraadstudent aan die Universiteit Stellenbosch, het die toekenning vir beste mondelinge aanbieding by die 2024 Globale Kongres van Chemiese Ingenieurswese gewen vir haar navorsing oor die ontwikkeling van gelokaliseerde vervalfaktore vir papierafval, 'n belangrike stap in die rigting van meer akkurate kweekhuisgasverslagdoening en volhoubare afvalbestuur in Suid-Afrika.