Aansoeke vir die 2027-inname vir die BIng (Chemiese Ingenieurswese)-program is nou oop en sluit op 31 Julie 2026.
Aansoeke vir MIng-programme is ook tans oop, met sluitingsdatums wat volgens program verskil.
PhD-aansoeke word reg deur die jaar aanvaar.
BIng Chemiese Ingenieurswese
Hierdie omvattende vierjaar-graad bied jou toegang tot ’n vervullende loopbaan in chemiese ingenieurswese. Die program is internasionaal erken en deur die Ingenieursraad van Suid-Afrika (ECSA) geakkrediteer, wat jou in staat stel om as professionele ingenieur (PrIng) te registreer. Jy volg ’n...
PhD Chemiese Ingenieurswese
’n PhD in Chemiese Ingenieurswese is vir ambisieuse innoveerders wat gereed is om ’n oorspronklike bydrae tot die veld te lewer. As die hoogste akademiese kwalifikasie bied hierdie navorsingsgebaseerde graad die geleentheid om navorsing te lei en innoverende benaderings te ontwikkel wat jou aan die...
MIng Navorsing Chemiese Ingenieurswese
Hierdie navorsingsgebaseerde meestersprogram is bedoel vir diegene wat graag in ’n spesifieke area van chemiese ingenieurswese wil spesialiseer. Jy werk aan ’n onafhanklike navorsingsprojek onder leiding van vooraanstaande akademici en lewer sodoende ’n bydrae tot die vooruitgang van die veld.
MIng Gestruktureerd Data-analise
Hierdie driejaar, deeltydse program is ideaal vir gegradueerdes en werkende professionele ingenieurs wat hul loopbane deur data-analise, spesifiek in die prosesbedryf, wil bevorder. Die program rus jou toe om prosesdata sinvol te ontleed en om te skakel in bruikbare insigte, met ’n sterk grondslag...
MIng Gestruktureerd Volhoubare Chemiese Ingenieurswese
Hierdie driejaar deeltydse program bied ’n grondslag in volhoubare chemiese ingenieurswese. Met ’n fokus op tegnologieë binne die groenwaterstof- en bio-energiebedrywe, stel die program ingenieurs en wetenskaplikes in staat om hul vaardighede te verdiep en ’n bydrae te lewer tot die ontwikkeling van...
Hoofstories
Toekennings en mylpale
US-eregraad vir pionier van digitale bankwese in Afrika
Dr Tjaart Johannes van der Walt, ’n pionier van digitale bankwese in Afrika, het Donderdag (26 Maart) ’n eredoktorsgraad van sy alma mater, die Universiteit...
Ingenieurswese en tegnologie
Twee professore lewer intreerede in chemiese ingenieurswese
Prof. Tobi Louw – ’n Kritiese beskouing van die toepassing van masjienleer in chemiese ingenieurswese
In sy intreerede, ’n Kritiese beskouing van die toepassing...
Ingenieurswese en tegnologie
Alumni-reeks: Ingenieursverandering – Die inspirerende reis van Bovinille Anye Cho
Bovinille se reis in die wêreld van chemiese ingenieurswese het begin in ’n klein plattelandse dorpie in die Suidwestelike Streek van Kameroen. Ná die vroeë...
Ingenieurswese en tegnologie
Prof. Robbie Pott lewer sy intreerede: Van laboratorium tot lesingsaal – die ontwikkeling van bioprosesse en studente
Die Departement Chemiese Ingenieurswese aan die Universiteit Stellenbosch het onlangs ’n belangrike mylpaal in die akademiese loopbaan van Prof. Robbie Pott...






