Die Fakulteit AgriWetenskappe aan die Universiteit Stellenbosch (US) word op nasionale en internasionale vlak hoog geag vir die gehalte van sy opleiding en navorsing, asook as konsultant in die landbou- en bosboubedryf. Studente wat ingeskryf is in die fakulteit se voorgraadse en nagraadse programme word kundig opgelei om leiers en bestuurders in die verskillende sektore van die bedryf te word.
Dwarsdeur SA en in die buiteland kan alumni van die fakulteit in topposisies gevind word.
Toe die US amptelik in 1918 gestig is, was Landbou een van die eerste vier fakulteite en het dit van die begin af 'n onuitwisbare bydrae tot landbou-onderwys en -navorsing in Suid-Afrika gelewer. In 2006 het die Fakulteite Landbou en Bosbou saamgesmelt om die Fakulteit AgriWetenskappe te word soos dit vandag is.
Ons onderskeidende kenmerke
Ons navorsing
Ons sosiale impak
Fakulteitsverhale
Die Fakulteit AgriWetenskappe is bly om belangrike opdaterings en beduidende ontwikkelings van regoor ons verskeie departemente bekend te stel.
Menings en artikels
Afrika-geleide wetenskap én oorsigbestuur nodig om honger in Afrika te beëindig
Wêreldhongerdag was op 28 Mei. In ʼn meningsartikel vir die Mail & Guardian het prof Scott Drimie van die Afdeling Menslike Voeding verduidelik hoekom dit...
Persverklaring
Klein Suid-Afrikaanse duo wat groot landboubelofte inhou
Weggesteek onder die grond van Suid-Afrika se graanlande, het wetenskaplikes van die Landbounavorsingsraad ’n merkwaardige insek-parasitiese rondewurm (...
Persverklaring
Leer by !Khwa ttu: Die herverbeelding van die wildverwante ekonomie deur inheemse kennis
Op Saterdag 11 April 2026, het ’n groep spanlede van die African Wildlife Economy Institute (AWEI) besoek afgelê by !Khwa ttu, dikwels beskryf as die ‘embassade...




