Breadcrumb
Voorgraads
Wat kan jy by die Fakulteit AgriWetenskappe studeer?
Kies uit BSc-, BScAgric- en BAgric-graadprogramme, afhangende van jou gekose veld.
Verken ons programme in die volgende areas:
Bewaringsekologie
Bosbou- en Houtprodukwetenskappe
Diereproduksiestelsels (Dierewetenskappe)
Plant- en Grondwetenskappe
Landbou-ekonomie en -bestuur
Voedsel- en produksiestelsels (Voedselwetenskap)
Druif- en wynwetenskappe (Wingerdbou en Wynkunde)
Landbouproduksie en -bestuur (Elsenburg) – verskeie kursusse word aangebied deur die Elsenburg Landbou-opleidingsinstituut (Tel: 021 808 5451)
Keuringsriglyne en Toelatingsbeleid
Hierdie dokument verskaf die riglyne wat gebruik word in die aansoek-, keurings- en toelatingsprosedures vir voorgraadse programme wat deur die Fakulteit AgriWetenskappe aangebied word. Die keurings- en toelatingsprosedures word gevolg in ooreenstemming met die Toelatingsbeleid van die Universiteit Stellenbosch (US).
Die volgende kategorieë aansoekers word vereis om die NBT's of SAT's te voltooi:
- Aansoekers met 'n Amerikaanse Hoërskooldiploma
- Aansoekers met 'n IEB Internasionale Sekondêre Sertifikaat
- Aansoekers van enige geakkrediteerde aanlyn skoolstelsel






