Breadcrumb
US Ko-kurrikulêre Ondersteuningsfonds-beurs
Die Universiteit Stellenbosch se Ko-kurrikulêre Ondersteuningsfonds (USKOF) help studente om aan nasionale en internasionale ko-kurrikulêre geleenthede deel te neem. Danksy hierdie studentereisbeursfonds kan suksesvolle Matie-aansoekers nasionale en internasionale ko-kurrikulêre geleenthede soos studenteleierskapkonferensies en ander geleenthede bywoon wat hulle en die res van die studentegemeenskap sal bevoordeel. Let wel, hierdie beurs dek nie reiskostes vir internskap doeleindes nie.
KWALIFISEER EK OM AANSOEK TE DOEN VIR BEFONDSING?
- Het die geleentheid 'n ko-kurrikulêre tema?
- Sal ek gradueer binne die minimum duur van my program, plus een jaar?
- As dit my eerste jaar aan die US is, het ek my eerste semester suksesvol voltooi?
WAARVOOR KAN EK DIE FONDSE GEBRUIK?
- Vliegkaartjies
- Visumfooie
- Konferensiefooie
- Akkommodasie
- Oorplasings
Om aansoek te doen vir die beurs, laai asseblief al die dokumente hiernaas af en voltooi dit:
Navrae en voltooide aansoekvorms kan aan me Tarin Daniels by [email protected] gerig word.
Aansoeke word na goeddunke van die USKOF-komitee oorweeg.