Skip to main content
Stefan Els

Studente-leierskapstrukture

Studenteregeringstrukture:

By die Universiteit Stellenbosch speel studentebestuurstrukture 'n belangrike rol om te verseker dat studente 'n sterk, wettige stem het in hoe die Universiteit bestuur word en hoe die studente-ervaring gevorm word.

In eenvoudige terme is hul rol om:

  • studente se stemme verteenwoordig.
  • deel te neem aan universiteitsbesluitneming.
  • aanspreeklikheid en deursigtigheid van beide hulself en die Universiteit te bevorder.
  • transformasie, inklusiwiteit en sosiale geregtigheid te bevorder.
  • studente se ontwikkeling en leierskap te ondersteun.
  • verskillende studentegemeenskappe te verbind deur die gaping tussen koshuis- en pendelaarstudente, voor- en nagraadse studente, en verskillende kampusse en fakulteite te oorbrug.
     
Photo of SRC Representative Roceshia February
Image by: Henk Oets

Studenteraad (SR)

Ingevolge die US Statuut is die Studenteraad (SR) die hoogste liggaam vir studenteverteenwoordiging en -besluitneming aan die US. Die SR se kernfunksies behels om in die beste belang van studente op te tree en om studente se regte aktief te bevorder.

Die SR fokus daarop om ’n progressiewe en florerende gemeenskap te skep waarvan studentesukses die kern uitmaak. Dit verseker dat alle studente deur die Verwelkomingsprogram en hulle studiejare heen goed ingelig en ondersteun word.

Jy is welkom om die SR-kantoor vir enige ondersteuning te besoek – in die verwelkomingstyd én daarna. E‑pos die SR met enige navrae by [email protected] of bel hulle by +27 21 808 2757.

Jy kan hulle ook besoek: 

3de verdieping
Neelsie Studentesentrum
Stellenbosch-kampus


STELLENBOSCH CAMPUS

Telephone: 021 808 4707 / 4994

Address: 37 Victoria Street, Stellenbosch

TYGERBERG CAMPUS

Telephone: 021 970 7020 (office hours)

You will find the CSCD’s Tygerberg office in the Education Building. When standing in front of the main entrance of the Education Building, turn left to the side entrance for disabled persons. The CSCD office (no. 0073) is on the right before you get to the glass door for disabled individuals. 
 

Photo of Solomzi Mphambo, Speaker of the Student Parliament at Stellenbosch University

Studenteparlement (SP)

Die Studenteparlement bestaan uit twee huise: die Studente-imbizo en die Studentevergadering. Die Studenteparlement is ’n toesighoudende studenteliggaam wat ten doel het om grondwetlike demokrasie binne studenteleierskap te versterk deur verantwoordbaarheid, deursigtigheid en raadplegende regeringspraktyk in die US se studenteleierskapsgemeenskap aktief te bevorder.

Die Studentevergadering hou een maal per kwartaal gewone sittings. Studente kan punte vir ’n sitting se sakelys indien oor kwessies wat hulle onder studenteleiers se aandag wil bring. Daarby ondersoek die Studentevergadering en -imbizo oortredings van die Studentegrondwet en redelike etiese regeringspraktyk.

A group photo of the 2025/2026 Academic Affairs Council

Akademiesebelangeraad (ABR)

Die Akademiesebelangeraad (ABR) se hoofverantwoordelikheid is om studente se regte aktief te bevorder soos in Hoofstuk 2 van die Studentegrondwet vervat – die reg op opvoeding van gehalte, akademiese ondersteuning, en deursigtige en regverdigbare assesseringsprosedures.

Die studentekomitee in jou fakulteit en ABR-leiers beskerm die akademiese belange van alle studente – ook joune – deur ’n transformerende onderrig- en leerervaring te bevorder wat studente in staat stel om akademiese sukses te behaal en help om die eienskappe van US-gegradueerdes te ontwikkel

Jy kan die ABR direk kontak deur 'n e-pos te stuur aan die Voorsitter, mnr Tyrese Human, by [email protected]

Collage of the five student leaders elected to the Student Court
Image by: Collage created in Canva.

Studentehof

Die Studentehof is die regsprekende liggaam vir studente wat daarvoor verantwoordelik is om geskille te besleg tussen studente en die onderskeie studenteregeringsliggame asook tussen verenigings onderling, en om die SR se grondwetlike sake te hanteer. Dit het die mag om enige beslissing deur ’n studenteliggaam of lid van sodanige liggaam te hersien indien die regte of regmatige verwagtings van ’n student wesenlik benadeel is.


PREP FOR THE WORKPLACE FROM DAY ONE!

The University encourages all students, including newcomers, to register on its online recruitment portal, Gradlinc. Here you can easily search for jobs, apply for vacancies, internships and even part-time jobs!

With several employers registered on Gradlinc, you can start paving your career path from your first day at Stellenbosch University (SU) by uploading your CV and searching for information on employers and available work opportunities.

Primkomitee (PK)

Die Primkomitee (PK) is ’n ex officio-liggaam wat onder die SR ressorteer. Dit bring die prim (hoofstudenteleier in elke huiskomitee oftewel HK) van elk van die 42 koshuis- en PSG’s op die Stellenbosch- en Tygerberg-kampus bymekaar. Die PK dien ook as platform waar prims saamkom om uitdagings aan te pak, mee te werk en te besin oor sake wat vir die koshuis- en die pendelaarstudentelewe van belang is.

Seniorprimkomitee (SPK)

Die Seniorprimkomitee (SPK) bestaan uit die prims van die koshuisgemeenskappe vir senior studente en die uitvoerende leiers van die nagraadse gemeenskappe. Laasgenoemde verteenwoordig die behoeftes van studente in koshuise en PSG’s vir seniors. Die SPK-voorsitter verteenwoordig die SPK as ex officio-lid in die SR.