Ondersteuning
Omvattende ondersteuning
By die Universiteit Stellenbosch bied ons aan studente ʼn transformerende ervaring wat hulle toerus om in ʼn diverse wêreld te lei en uit te blink. ʼn Belangrike deel van hierdie ervaring is die omvattende ondersteuning wat beskikbaar is dwarsdeur studente se akademiese reis. Deur die Afdeling Studentesake lewer gekwalifiseerde sielkundiges, psigometriste en maatskaplike werkers ʼn reeks studentgesentreerde ontwikkelings- en ondersteuningsdienste op kampus.
Studente het ook toegang tot ʼn reeks akademiese hulpbronne, soos die Universiteit Stellenbosch-biblioteek, die Skryflaboratorium en die Leeslaboratorium. Daarbenewens bevorder die Eenheid vir Gestremdhede bewustheid en bied toegewyde ondersteuning vir studente met gestremdhede. Die Eenheid vir Gelykwaardigheid bied verder dienste, opleiding en intervensies om geslagsgebaseerde geweld en MIV/Vigs te bestry, terwyl dit ook LGBTQIA+-studente ondersteun.
Studente ondersteuning
Studentebestuur
Akademiese ondersteuning
Gesondheid en veiligheid
Fooie en befondsing
Jou toekoms
Studente stories
Ontdek stories van ons strewe na impakvolle oplossings, die bou van leergemeenskappe wat die nuutste tegnologieë benut, en ons uitsonderlike studente.
Toekennings en mylpale
Twee US-studente onder Google se 2025 globale PhD-genote
Twee studente van die Universiteit Stellenbosch (US), Haingo Andry en Simon Malan, is as ontvangers van die gesogte 2025 Globale Google PhD-genootskappe...
Kampuslewe
Transformasie onder die loep by Studentetransformasie-indaba
Transformasie by die Universiteit Stellenbosch (US) is skerp in fokus gebring tydens die onlangse Studentetransformasie-indaba 2025, 'n dinamiese forum van...
Impak
Die US vier Studente-veranderingsdrywers by die 2025 Groen Leef Toekennings
Die Universiteit Stellenbosch (US) se Groen Leef Toekennings (GLT) het wer eens die kollig geplaas op die inspirerende volhoubaarheidspogings van die...
Studente gebeure
Woon ons geleenthede by vir die geleentheid om ons gemeenskap te ontdek, te groei, te leer en daarmee betrokke te raak.