Skip to main content
Header-Maties150Rugby-162-scaled.jpg
Sport

RUGBY ELITE KOM OP VIR MATIES RUGBY 150 GALA-FONDSINSAMELING

natheerah
23 September 2025
  • Die Maties Rugby 150-jaarvieringe het hierdie maand 'n verstommende hoogtepunt bereik met 'n Gala-dinee ten bate van die Danie Craven-beursfonds.

Die Maties Rugby 150-jaarvieringe het hierdie maand 'n verstommende hoogtepunt bereik met 'n Gala-dinee ten bate van die Danie Craven-beursfonds.

Die Stellenbosch Stadsaal was stampvol met meer as 300 Maties Rugby-legendes van ouds, Springbokke en legendes-in-wording, wat bymekaargekom het om die klub se roemryke verlede te vereer en hul steun te betuig aan die ontwikkelende Maties Rugby Storie – 'n Nalatenskap om te Inspireer.

Die hoofdoel van die aand was om geld in te samel vir die Danie Craven-beursfonds wat talentvolle rugbyspelers ondersteun met hul akademiese fooie, kos en verblyf. Doc se geesdrif en toewyding aan Maties Rugby is vasgevang deur middel van roerende filmgrepe van onderhoude.

Hoogtepunte van die aand het gasspreker, Morne du Plessis, ingesluit; herinneringe van 'n paneel wat Rob Louw, Hempies du Toit en Tiaan Strauss ingesluit het; en 'n veiling wat seldsame rugby-memorabilia ingesluit het wat byna R500 000 ingesamel het.

'n Verrassing vir die gaste was die herinterpretasie van die Universiteit Stellenbosch se "lied", Dis Altyd Lente , in drie amptelike tale, en ter ere van die 90-jarige Frik du Preez. Frik is in 2000 as die Suid-Afrikaanse Speler van die Eeu aangewys en in 1997 tot die Wêreldrugby-heldesaal toegelaat. As 'n lewensgroter karakter op en van die veld af, het Frik volgehou dat sy kohorte die spel gespeel het om 'n dors op te bou. In die woorde van mede-legende, Dok. Danie Craven: "Hy is die verpersoonliking van Springbok-rugby."

Also honoured were the late Jan Boland Coetzee, and Dawie Snyman.

Terwyl die aktiwiteite vir die 150-jarige Legacy-vieringe nou verby is (insluitend die vyfde wedstryd teen aartsvyande UCT!), kan volgelinge van Maties Rugby video's van die geleentheid op die Maties Sport YouTube-kanaal HIER kyk.

Maties150Rugby-017-scaled.jpg
Maties150Rugby-191-scaled.jpg
Maties150Rugby-286-scaled.jpg


 

Merkers

News Rugby

Verwante stories