Sentrum vir Sport Leierskap
Funksie:
Die Sentrum vir Sportleierskap is in 2019 as eenheid binne Maties Sport gestig met die doel om die akademiese voetspoor van sport by die Stellenbosch Universiteit uit te brei. Dit dien as die koppeling tussen sport en die akademiese gemeenskap deur die volgende vier strome na te volg:
- Leierskapontwikkeling binne ’n sportkonteks
- Voorsiening van leidende denke deur impakvolle navorsing
- Ontwikkeling en lewering van sportverwante kort-kursusse
- Bewaarder van Maties Sport se sosiale impak en internasionaliseringstrategieë
Huidiglik fokus die Sentrum op areas van navorsing wat die historiese kruising tussen sport en politiek in die Suid-Afrikaanse konteks, asook die toepassing van data-wetenskap binne sport. Die Sentrum volg ’n interdissiplinêre benadering in sy navorsingsaktiwiteite en kyk daarna om in venootskap met ander akademiese instansies or individuele navorsers op te tree.
Personeel:
| Head: Centre for Sport Leadership: Dr Nana Adom-Aboagye Theme: Sport For Development Tel: 021 808 9922 E-mail: [email protected] | Nadoktorale Genoot: Dr. Nana Adom-Aboagye | Other Researchers: Prof Albert Grundlingh (Research Fellow) | Ander Navorsers: Prof. Albert Grundlingh (Navorsingsgenoot) Mnr. Kudzai Chidamwoyo (Meesterstudent) |
Sportbestuur: Interne Werkswinkelreeks
Oor die Werkswinkelreeks:
Die werkswinkelreeks, wat deur bedryfskundiges aangebied word, dek 'n reeks onderwerpe wat noodsaaklik is vir effektiewe sportbestuur, insluitend leierskap, strategiese beplanning, atleetontwikkeling en organisatoriese dinamika. Elke sessie is ontwerp om praktiese insigte en bruikbare strategieë te bied wat in werklike sportomgewings toegepas kan word.
Registrasiebesonderhede:
Registrasies is tans gesluit
Kontakinligting:
Vir enige navrae of hulp met registrasie, kontak asseblief ons toegewyde span:
| Hoof: Sentrum vir Sportleierskap: Dr. Nana Adom-Aboagye Tema: Sport vir Ontwikkeling Tel: 021 808 9922 E-pos: [email protected] |
Bepalings en voorwaardes:
Bekyk die volledige Bepalings en Voorwaardes vir die Maties Sportklubbestuur Interne Werkswinkelreeks, klik asseblief hier.