Skip to main content

Sentrale Assesseringskantoor benodig eksterne toesighouers

09 Maart 2026

Die Assesseringsadministrasie, Akademiese Rekords en Gradekantoor (Assesseringskantoor) benodig die dienste van eksterne toesighouers vir die middeljaar-assesserings wat deur die sentrale Assesseringskantoor op die Stellenbosch-kampus geadministreer word. Daar is verskeie poste vir senior toesighouers en toesighouers gedurende die assesseringstydperk van 18 Mei tot 27 Junie 2026 beskikbaar. 

Let asseblief daarop dat hierdie poste slegs vir eksterne aansoekers beskikbaar is. Aansoeke deur personeel en studente van die Universiteit Stellenbosch sal nie oorweeg word nie. Personeel en studente is welkom om die advertensie te deel met individue wat moontlik belangstel, plaaslik woon en aan die posvereistes voldoen.  

Lees meer oor die pos, die vereistes, vergoeding en hoe om aansoek te doen.