Skip to main content

US vier uitstaande studenteprestasies by jaarlikse Rektorstoekennings

'n Rekordgetal van 87 studente is vanjaar vir hulle uitstaande prestasies by die Universiteit Stellenbosch (US) se jaarlikse Rektorstoekennings vir Uitnemende Prestasie vereer. Die rooi tapyt is Donderdag (15 Oktober) by die Stellenrust-wynlandgoed uitgerol om aan studente-uitnemendheid in sy vele vorme – akademiese prestasie, leierskap, veerkragtigheid, kreatiwiteit en diens – erkenning te gee. Onder die suksesvolle 87 ontvangers was toekennings vir akademiese uitnemendheid oor al die fakulteite heen, asook uitstaande prestasies in leierskap, kultuur en sosiale impak en sport.

Prof John Babafemi baan die weg vir volhoubare beton

Prof John Babafemi van die Departement Siviele Ingenieurswese het Dinsdag 14 Oktober 2025 sy intreerede gelewer. Sy navorsing fokus op die ontwikkeling en toetsing van volhoubare beton. Hy bevorder materiaaldoeltreffendheid en omgewingsvolhoubaarheid in die sement- en betonsektor.

Van plaknotas na die verhoog

Studenteskrywer, -regisseur en -akteur van die US trap diep spore by 2025 Toyota Stellenbosch Woordfees. Jeanne-Marié Koekemoer, ʼn honneursstudent in drama aan die Universiteit Stellenbosch (US) wat opgang op die Suid-Afrikaanse teatertoneel maak, neem in verskeie hoedanighede aan vier produksies by die 2025 Toyota Stellenbosch Woordfees deel. Koekemoer het onlangs teruggekeer van ʼn twee week lange teater- en dramakursus by die Edinburgh Universiteit as deel van die Skotse Universiteite se internasionale somerskool.

Ons moet die stigma rondom geestesgesondheid verwyder

Oktober is Geestesgesondheidbewustheidsmaand. Wêreldgeestesgesondheidsdag was op 10 Oktober. US kenners het meningsartikels geskryf oor hoe om geestesgesondheid te bevorder.

US ‘deel’ weer in die pret van die Toyota Stellenbosch Woordfees

Die US se bemarkingspan bied 'n dinamiese betrokkenheidshub by die Konservatorium-amfiteater aan. Die Ongehoord-reeks, asook die Studentediskoersreeks en die Wetenskapskafee word in hierdie ruimte aangebied. Bywoning vir hierdie gespreksreekse is gratis en alle feesgangers is welkom.

Prof Regan Solomons help red lewens van kinders met tuberkuleuse meningitis

Prof Regan Solomons van die Departement Pediatrie en Kindergesondheid het Dinsdag 7 Oktober 2025 sy intreerede gelewer Sy navorsing fokus op die vermindering van voorkombare sterftes weens tuberkuleuse meningitis (TBM) by kinders Hy help om praktiese en kinderspesifieke oplossings vir TBM in kinders te vind

US steeds onder bestes op invloedrykste wêreldranglys vir universiteite

Die US verskyn as een van die beste universiteite ter wêreld op die jongste Times Higher Education -wêreldranglys vir universiteite Dit is onder die top 350 tersiêre instellings Dit is tweede in Suid-Afrika

Primêre gesondheidsorgpraktisyns benodig sterker ondersteuning om geestesgesondheidsdienste te lewer

Primêre gesondheidsorg praktisyns het nie die nodige hulpbronne nie Hulle is oorwerk en onvoldoende opgelei Hulle moet bemagtig word om geestesgesondheidsdienste te lewer

Taaldag besin oor meertalige ingesteldheid as bepaler van studentesukses

Taaldag het beklemtoon hoe veeltaligheid toegang en sukses in alle areas van studentelewe aan die US versterk. Studente en personeel het ervarings gedeel wat illustreer hoe taal identiteit, leer en betekenisvolle betrokkenheid in ‘n veeltalige gemeenskap vorm. Besprekings het bevestig dat taal sentraal staan tot transformasie – ‘n brug na waardigheid, geleentheid en wedersydse begrip.

Prof Ryno Laubscher ondersoek diepleer vir termiese vloeistofstelsels

Prof Ryno Laubscher van die Departement Meganiese en Megatroniese Ingenieurswese het op 2 Oktober 2025 sy intreerede gelewer Hy wend diepleer aan om energiestelselkomponente te optimaliseer Sy navorsing is van toepassing op steenkoolkragstasie-herverhitters en lugverkoelde kondensors
Subscribe to