Afdeling Institusionele Strategie, Navorsing en Analitika
ISNA se dienste en projekte
Bestuur van strategieprosesse
Ons is verantwoordelik vir die bestuur, koördinering, strategiese samehang, evaluering en monitering van jaarlikse en sikliese prosesse wat met die Universiteit se strategie verband hou.
- Universiteit Stellenbosch Strategiese Fonds
- Strategiese beplanning en bestuur
Bestuur van strategiese projekte en veranderingsprosesse
Ons bevorder die suksesvolle implementering van strategiese instellingsprojekte en veranderingsbestuur.
- Veranderingsbestuurmetodologie
- Projekbestuur en Smartsheet
- Kode 2040
- US waardes-in-aksie werkswinkels
Inligtingsoorsigbestuur
Ons ontwikkel beleidsrigting deur navorsing en beleidsontwikkeling, implementeer ’n raamwerk vir inligtingsbestuur, monitor institusionele nakoming, en hanteer verantwoordelikhede ingevolge wetgewing soos die Wet op die Beskerming van Persoonlike Inligting (POPIA) en die Wet op Bevordering van Toegang tot Inligting (PAIA).
Geïntegreerde data-analise
Ons verken en ontleed data, en omskep dit in geïntegreerde inligting wat strategiese, taktiese en operasionele besluitneming regoor die Universiteit versterk.
Stories
Lees stories oor die aktiwiteite en projekte waarby die Afdeling Institusionele Strategie, Navorsing en Analitika betrokke is.
Impak
Joy Schoor se tweede kans op die lewe bring hoop vir ander
Joy Schoor is op 14-jarige ouderdom gedwing om iets te konfronteer wat die meeste tieners nie eers kan begin om hulleself in te dink nie: die moontlikheid om te...
Impak
Risuna Risimati help om toekoms van US-studenteleierskap te vorm
Lank voordat Risuna Risimati in die Universiteit Stellenbosch (US) se Raad gedien het, voorsitter van die Akademiese Belangeraad was of hoofregter van die...
Impak
Adam Venter glo gemeenskap word deur daaglikse dade van vriendelikheid, verbintenis en diens gebou
Toe ʼn klomp rugbybeserings Adam Venter se sportambisies skielik tot stilstand gedwing het, kon hy maklik gefokus het op dít wat hy verloor het. In plaas daarvan...
Geleenthede
Werkswinkels en inligtingsessies wat deur die Afdeling Institusionele Strategie, Navorsing en Analitika aangebied word.