Gids vir personeel
Toegang
Alle biblioteke van die Biblioteek- en Inligtingsdiens is toeganklik vir alle studente van die Universiteit. Toegang tot die Universiteit Stellenbosch Biblioteek en die takbiblioteke benodig die skandering van 'n geldige US-studentekaart. Geen eet- of drinkgoed word toegelaat nie. Slegs water in morsvrye houers.
Geen toegang sonder 'n geldige studentekaart. Sien Biblioteekure.
Uitleenvoorregte
Dosente:
- Aantal lenings: 30 items
- Uitleenperiode: 90 dae per item
- Hernuwings: 2 per item (binne maksimum hernuwingsperiode van 270 dae) behalwe as iemand anders dit bespreek het.
Ander personeel:
- Aantal lenings: 15 items
- Uitleenperiode: 30 dae per item
- Hernuwings: 2 per item (binne maksimum hernuwingsperiode van 90 dae) behalwe as iemand anders dit bespreek het.
Alle personeel:
- Hernuwings: Hernu aanlyn of vra 'n personeellid.
In persoon, doen navraag by Kliëntediens in die US Biblioteek of die uitleentoonbank van enige van die takbiblioteke. - Terugbesorgings: By Kliëntediens in die US Biblioteek of die uitleentoonbank van enige van die takbiblioteke. Boeke kan terugbesorg word deur dit in die boekposbusse by die biblioteekingange te plaas.
- Bespreek boeke wat uitgeleen is: Gratis en sonder beperking.
Bespreek aanlyn of vra 'n personeellid.
In persoon, doen navraag by Kliëntediens in die US Biblioteek of die uitleentoonbank van enige van die takbiblioteke. - Uitleenbare materiaal: Alle items gemerk "Loanable"
- Verlore/beskadigde boeke: Vervangingswaarde betaalbaar aan die Biblioteek- en Inligtingsdiens
Dienste
Inligtingsdiens en navorsingsondersteuning
Die volgende biblioteekgidse kan geraadpleeg word:
- Find, access and use information effectively: a step by step guide
- The research process
- Referencing
- EndNote
- Vakgidse gee toegang tot vakspesifieke bronne en navorsingswenke van toepassing op die vakgebied.
Maak 'n afspraak met jou fakulteitsbibliotekaris.
'n Aanlyn inligtingsdiens is beskikbaar by "Vra 'n bibliotekaris" (Ask a Librarian)
Vind boeke, artikels en ander inligtingsbronne
Gebruik die soekfunksie op die biblioteektuisblad of kies Databasisse of E-tydskrifte vanaf die VIND-spyskaart.
Aanwysings is beskikbaar by Find, access and use information effectively: a step by step guide. Sien Find information.
Gebruik jou US-netwerkgebruikersnaam en -wagwoord (nie e-posadres nie) om afkampus in te teken.
Vind jou pad deur die biblioteek:
- Universiteit Stellenbosch Biblioteek : Vloerplan
Interbiblioteeklenings
- Items wat nie in enige van die US-biblioteke beskikbaar is nie, kan van 'n ander biblioteek aangevra word. Sien Interbiblioteeklenings.
Reserwe
- Die reserwediens verskaf vir kort periodes toegang tot materiaal wat dikwels gebruik word, ten einde te verseker dat dit vir 'n groot groep kliënte toeganklik is. Sien Reserwe-riglyne vir doserende personeel.
Biblioteekoriëntering en -opleiding
Raadpleeg die volgende opleidingskalenders:
- Biblioteekopleidingskalender
- Generiese opleiding - SmartResearcher werkswinkels
- Opleidingstutoriale en -videos
'n Ander opsie is om vir 'n persoonlike opleidingsessie te vra -
maak 'n afspraak met jou Fakulteitsbibliotekaris.
Ander dienste
'n Aanlyn inligtingsdiens is beskikbaar by "Vra 'n bibliotekaris" (Ask a Librarian) of maak 'n afspraak met jou fakulteitsbibliotekaris.
Gebruik die soekfunksie op die biblioteektuisblad of kies Databasisse of E-tydskrifte vanaf die VIND-spyskaart.
Aanwysings is beskikbaar by Find, access and use information effectively: a step by step guide. Sien Find information.
Gebruik jou US-netwerkgebruikersnaam en -wagwoord (nie e-posadres nie) om afkampus in te teken.
Studente en personeel kan by enige 'secure pull print' drukker in die biblioteek druk, kopieer of skandeer deur hul studente-/personeelkaart te gebruik. Jy kan ook druk, kopieer of skandeer deur jou studente-/personeelkaart by die Maties Copy and Print winkel in die Neelsie Studentesentrum te gebruik. Sien Druk, kopieer en skandeer.
Internet en koordlose toegang is beskikbaar aan personeel en studente wat by die Universiteit Stellenbosch vir netwerktoegang geregistreer is. Sien Koordlose toegang.
'n Verskeidenheid lokale is vir bespreking beskikbaar. Sien Besprekings.
Al die elektroniese bronne waarop die Biblioteek- en Inligtingsdiens inteken is via die biblioteektuisblad ook vanaf huis-, kantoor- en skootrekenaars of selfone toeganklik. Gebruik jou US-netwerkgebruikersnaam en -wagwoord om in te teken. Sien Afkampus- e-toegang.