Hernu
Boeke mag aanlyn hernu word om die uitleentydperk verder te verleng indien gebruikers dit nie kan terugbesorg nie.
Vrae en Antwoorde
- Biblioteekmateriaal mag twee keer hernu word, tensy dit reeds deur 'n ander kliënt bespreek is en solank dit binne die maksimum hernuwingsperiode is.
- Sodra die maksimum hernuwingsperiode bereik is, moet die items na die biblioteek terugbesorg word.
- Lewer boeke terug na Kliëntediens by die Universiteit Stellenbosch Biblioteek of die uitleentoonbank van enige van die takbiblioteke.
- Dit is moontlik om boeke terug te gee deur dit in die boekposbusse by die biblioteke se ingange te plaas.
- Indien jy nie in die nabye toekoms terugkeer kampus toe nie, pos (geregistreerde pos met opsporingsnommer) of koerier asseblief die boeke na die Biblioteek- en Inligtingsdiens.
Volg onderstaande skakels vir die biblioteke se fisiese addresse:
- Kliënte sal per e-pos in kennis gestel word indien die vervaldatums van uitgeleende biblioteekmateriaal verstreke is. 'n Boete van R2.00 per item per dag word gehef vir items wat ná die vervaldatum terugbesorg word.
- As bewys dat items wel terugbesorg is, word 'n e-pos by terugbesorging gestuur.
Boetegrens: R30.00 - uitleenvoorregte sal opgeskort word wanneer hierdie limiet oorskry is. - Kliënte wat geleende items nie binne ses weke vanaf die vervaldatum terugbesorg of hernu nie se uitleenvoorregte word outomaties opgeskort. Hulle sal ook 'n rekening ontvang vir die vervangingskoste van die items.
- Na ontvangs van die rekening moet items onmiddellik terugbesorg, of die vervangingskoste betaal word - Slegs SnapScan en EFT betalings word aanvaar - of 'n aanvaarbare vervangskopie aangebied word.
- Biblioteekmateriaal wat nie uitgeleen of op die aangewese rak is nie, moet by die betrokke biblioteek aangemeld word.
- Biblioteekpersoneel sal probeer om die verlore item op te spoor en aan die kliënt terugrapporteer.
- Indien die item dringend benodig word, kan dit via interbiblioteeklenings aangevra word.
- Alle nuwe boeke word vir 'n week lank op 'n rak vir nuwe boeke by die onderskeie biblioteke geplaas.
- Hierdie boeke mag nie gedurende dié periode uitgeleen word nie, maar kan by die betrokke biblioteek bespreek word.
- Hierdie boeke kan aan die einde van die vertoontydperk by die betrokke biblioteek afgehaal word.