Skip to main content

Druk, kopieer en skandeer

Druk vanaf die biblioteek rekenaars

Studente en personeel kan druk deur by 'n biblioteekrekenaar aan te teken met hul US-gebruikersnaam en -wagwoord. Maak 'n dokument oop te maak en kies die Safecom drukker uit die drukdialoog. Hul kan by enige van die 'Safecom Secure Pull Print'-drukkers in die biblioteke kopieër en skandeer deur hul studente-/personeelkaart te gebruik, mits hulle genoeg drukkrediete op hul studenterekening het.
 

Druk vanaf jou skootrekenaar

Sien koordlose toegang vir Safecom-opstellingsgidse op MacOS, Windows, Ubuntu as jy jou skootrekenaar aan die 'Safecom Secure Pull Print'-bestuurstelsel op die kampus wil koppel vir drukwerk.

printer

Instruksies vir drukwerk

Al die biblioteekrekenaars is aan die Safecom 'Secure Pull Print' bestuurstelsel op kampus gekoppel. Die druk tariewe is op die Universiteit se IT Dienskatalogus beskikbaar. 

  • Maak seker jy het ʼn voldoende drukkwota voordat jy jou studentekaart op enige Safecom-geaktiveerde biblioteekdrukker TIK (TAP) om jou dokumente te druk.
  • As jy nie voldoende krediete het nie, versoek drukkrediete via SUNStudent of maak betalings direk na jou studenterekening deur SnapScan of Kaart/EFO.
  • Sodra die geld gelaai en op jou studenterekening beskikbaar is, versoek jou drukwerk vanaf ’n biblioteekrekenaar of jou skootrekenaar.
  • Klik Print, kies \\stbsc01.stb.sun.ac.za\STB_PRINT_Q01 of \\stbsc05.stb.sun.ac.za\STB_PRINT_Q05 vanaf die lys.
  • TIK (TAP)  daarna jou studentekaart op enige Safecom-drukker om jou drukwerk vry te stel. Wag totdat jou naam op die drukkerskerm verskyn, kies daarna 'PULL PRINT' en selekteer 'n dokument of kies 'PRINT ALL" om jou gekose dokumente te druk.

Bestuur jou drukrekening

Versoek drukkrediete via SUNStudent

  1. Teken op SUNStudent aan: https://student.sun.ac.za
  2. Aan die linkerkant van die skerm kies: Requests
  3. In die volgende opwipskerm, klik op: All Requests 
    (Let Wel: In die All Requests-oortjie sal jou Drukkrediettotale van 'n vorige aansoek vertoon in die boonste helfte van die skerm).
  4. Om 'n nuwe versoek vir drukkrediete te rig, klik op: Raise Request
    In die opwipskerm, klik: Printing Quota en kies Printing Services in die 'Request Category'-veld.
  5. Sleutel 'n bedrag vir drukwerk by Amount in.
  6. Klik Upload & Submit en op die 'Documents-skerm wat oopmaak, klik: Save
  7. Jy sal kan druk sodra versoek vir drukwerk op jou studenterekening verskyn.

 

As alternatief, kies een van die aanlyn betaalmetodes hieronder om betalings direk in jou studenterekening te maak deur SnapScan of Kaart/EFO te gebruik:

SnapScan

SnapScan is 'n mobiele toepassing wat kontantlose betalings moontlik maak. Die SnapScan PREPAID-funksie bied studente die geleentheid om voorafbetaalde dienste (drukkrediete, wasgoedkwota of etes) aan te koop om hul studenterekeninge aan te vul.

  1. Laai SnapScan af. Druk PREPAID en kies Prepaid UNIVERSITY.
  2. Voer jou studentenommer en die bedrag vir krediete in.
  3. Jy sal kan druk sodra jou versoek vir drukwerk op jou studenterekening verskyn.

Kaart/EFO betalings

Slegs kredietkaarte wat vir "3D Secure" geregistreer is, word vir betaling aanvaar.

  1. Aanlyn betalings​ (Klik hier)​.
  2. Nadat jy kennis ontvang het dat die kaartbetaling suksesvol was, kyk asseblief eers jou bankstaat na om te bevestig dat die betaling wel gedoen is.