Druk, kopieer en skandeer
Druk vanaf die biblioteek rekenaars
Studente en personeel kan druk deur by 'n biblioteekrekenaar aan te teken met hul US-gebruikersnaam en -wagwoord. Maak 'n dokument oop te maak en kies die Safecom drukker uit die drukdialoog, verander verstellings soos nodig. Hul kan by enige van die 'Safecom Secure Pull Print'-drukkers in die biblioteke kopieër en skandeer deur hul studente-/personeelkaart te gebruik, mits hulle genoeg drukkrediete op hul studenterekening het.
Druk vanaf jou skootrekenaar
Sien koordlose toegang vir Safecom-opstellingsgidse op MacOS, Windows, Ubuntu as jy jou skootrekenaar aan die 'Safecom Secure Pull Print'-bestuurstelsel op die kampus wil koppel vir drukwerk.
Druk instruksies
Al die biblioteekrekenaars is aan die Safecom 'Secure Pull Print' bestuurstelsel op kampus gekoppel. Die druk tariewe is op die Universiteit se IT Dienskatalogus beskikbaar.
- Maak seker dat jy voldoende drukkwotas het voordat jy jou studentekaart op enige Safecom-geaktiveerde biblioteekdrukker druk (TAB) om jou dokumente te druk.
- As jy nie voldoende drukkwotas het nie, versoek drukkrediete via SUNStudent of maak betalings direk na jou studenterekening deur SnapScan of Kaart/EFT.
- Sodra die drukkrediete bedrag gelaai en beskikbaar is op jou studenterekening, versoek jou drukwerk vanaf 'n biblioteekrekenaar of jou skootrekenaar.
- Klik Print, kies STB_PRINT_Q01_on stbsc01 drukker vanaf die lys.
- Druk (TAB) jou studentekaart op enige Safecom-geaktiveerde biblioteekdrukker, wag totdat jou naam op die drukker skerm verskyn. Kies 'PULL PRINT' en selekteer 'n dokument of kies 'PRINT ALL" om jou gekose dokumente te druk.
Bestuur jou drukrekening
Versoek drukkrediete via SUNStudent
- Teken op SUNStudent aan: https://student.sun.ac.za
- Aan die linkerkant van die skerm kies: Requests
- In die volgende opwipskerm, klik op: All Requests
(Let Wel: In die All Requests-oortjie sal jou Drukkrediettotale van 'n vorige aansoek vertoon in die boonste helfte van die skerm). - Om 'n nuwe versoek vir Drukkrediete te rig, klik op: Raise Request
In die volgende opwipskerm, kliek op: Printing Quota en selekteer Printing Services in die 'Request Category'-veld. - Tik 'n bedrag vir drukdienste in by Amount.
- Klik op Upload & Submit en dan op die 'Documents-skerm wat oopmaak, kliek dan op: Save
- 'n Suksesvolle drukdienste versoek sal op jou studenterekening reflekteer.
As alternatief, kies een van die aanlyn betaalmetodes hieronder om betalings direk in jou studenterekening te maak deur SnapScan of Kaart/EFT te gebruik:
SnapScan
SnapScan is 'n mobiele toepassing wat kontantlose betalings moontlik maak. Die SnapScan PREPAID-funksie bied studente die vermoë om voorafbetaalde dienste (drukkrediete, wasgoedkwota of maaltye) te koop om hul studenterekeninge aan te vul.
- Laai SnapScan af. Druk PREPAID en selekteer Prepaid UNIVERSITY.
- Verskaf jou studentenommer en bedrag vir krediete.
- Jy sal kan druk sodra jou diensversoek vir drukwerk in jou studenterekening verskyn.
Kaart/EFT betalings
Slegs kredietkaarte wat vir "3D Secure" geregistreer is, word vir betaling aanvaar.
- Aanlyn Betalings (Klik hier).
- Nadat jy kennisgewing ontvang het dat die kaartbetaling suksesvol was, kyk asseblief eers na jou bankstaat vir bevestiging dat die betaling suksesvol voltooi is.