Skip to main content

US-biochemikus deel van globale konsortium met US$60 miljoen vir nuwe strategieë vir die ontdekking van nuwe antibiotikas

Die Gram-negatiewe bakterie Klebsiella pneumoniae is een van die hoof (aan)drywers van AMR-verwante sterftes wêreldwyd. Nuwe strategieë in die stryd teen antimikrobiese weerstandigheid word dringend benodig. Dit is ’n betekenisvolle belegging in die Universiteit Stellenbosch se vermoë om nuwe terapieë vir infeksiesiektes te ontwikkel.

Dowe student behaal BScHonneursgraad

Eerste Dowe student om ‘n BScHons-graad in Bioinformatika en Berekeningsbiologie aan Stellenbosch Universiteit te verwerf. Trevolin Pillay was doof gebore en is trots daarop om as a Dowe individu erken te word. Met behoorlike toegang kan Dowe studente in enige veld presteer, selfs in hoogs gespesialiseerde vakgebiede.

Hulle het diep spore getrap in die Fakulteit Natuurwetenskappe

Mariétta van den Worm, direkteur: fakulteitsbestuur, en Suzette Els, persoonlike assistent van die dekaan, is onderskeidelik 25 en 35 jaar by die Fakulteit Natuurwetenskappe en/of die Universiteit Stellenbosch (US) werksaam. Hulle albei tree aan die einde van 2025 af.

Navorsingstoekenning sal krities belangrike mineraalpotensiaal in Sentraal-Afrika ontsluit

Afrika is ’n belangrike baanbreker in die soeke na “goen metale”, maar daar is tot nog toe min studies daaroor gedoen. Navorsingstoekenning sal die ontwikkeling van ’n omvattende metallogeniese raamwerk vir die Wes-Kongo-gordel moontlik maak. Bevindinge sal verreikende implikasies inhou vir belangrike mineraaleksplorasie regoor Afrika

Dinosourus-eierdoppe ontsluit nuwe manier om tyd in fossielrekord te bepaal

Nuwe metode ontwikkel om gefosilleerde dinosourus-eierdoppe te dateer. Beskou as ’n deurbraak om die ouderdom van fossielhoudende gesteentes te dateer.

Wetenskaplikes vind nog ’n stukkie van die lang-Covid-legkaart

’n Nuwe studie het ’n strukturele verband tussen sirkulerende mikrobloedstolsels en “neutrophil extracellular traps (NETs)” – netwerke van ekstrasellulêre DNA-stringe – by individue met lang-Covid blootgelê. Wanneer hierdie interaksie nie gereguleerd is nie, kan dit patogenies wees. Hierdie studie baan die weg vir die ontwikkeling van nuwe biomerkers vir diagnose, sowel as bestuur van inflammatoriese en trombotiese siektes.

“Buite-die-boks”-tegnologieë nodig om multimiddelweerstandige patogene te beveg

Nuwe benaderings moet gevind word in die stryd teen multimiddelweerstandige patogene.Wer Werkswinkel fokus op ontwikkeling van nano-oplossings vir antimikrobiese oppervlaktes in openbare ruimtes en hospitale se intensiewe sorgeenhede.

Wetenskap agter die 2025 Nobelpryse

18:00
19:30
Merensky Building
Openbare lesings oor die wetenskap agter die 2025 Nobelpryse

US stel nuwe sentrum bekend wat geneesmiddelontdekking sal bevorder

Die Afrika-sentrum vir Terapeutiese Innovasie (ACT) vul’n belangrike gaping in die vermoë van Suid-Afrika en Afrika om geneesmiddels te kan ontdek. Die nuwe sentrum bring bydraes van die breë vakgebiede van chemie, biologie en farmakologie bymekaar, en versterk sodoende die universiteit se posisie in die gesondheidsinnovasie-ruimte.

L'Oréal-UNESCO-toekenning vir US-navorser wat mynafvaluitdagings aanpak

Dr Bambesiwe May het 'n L'Oréal-UNESCO For Women in Science-toekenning ontvang. Sy ontwikkel volhoubare raamwerke vir die bestuur van mynafval. Haar werk verminder omgewingsrisiko’s en bevorder volhoubaarheid in die industrie.
Subscribe to