Met 'n PhD-sertifikaat in Fisika, beplan Dr Amos Kiyumbi om al die navorsingsondervinding wat hy in Duitsland en Suid-Afrika opgedoen het, te belê in die vestiging van ’n fotonika-inisiatief in Tanzanië. Vir sy PhD, het Kiyumbi die prototipe van 'n optiese biosensor, vir opsporing van lae vlakke van die malariaparasiet in bloedmonsters, ontwikkel. Sy navorsing baan die weg vir die ontwikkeling van biosensors om inentingspogings te ondersteun in areas met beperkte hulpbronne.