Skip to main content

Maties Masjienleer: Delegasie van onderhandeling aan 'n agent

13:10
14:00
A3011
Kan KI agente leer wat jy dink en jou verteenwoordig by 'n bespreking wat jy nooit bygewoon het nie?

Optika en fotonika in Suider-Afrika brei uit

Met 'n PhD-sertifikaat in Fisika, beplan Dr Amos Kiyumbi om al die navorsingsondervinding wat hy in Duitsland en Suid-Afrika opgedoen het, te belê in die vestiging van ’n fotonika-inisiatief in Tanzanië. Vir sy PhD, het Kiyumbi die prototipe van 'n optiese biosensor, vir opsporing van lae vlakke van die malariaparasiet in bloedmonsters, ontwikkel. Sy navorsing baan die weg vir die ontwikkeling van biosensors om inentingspogings te ondersteun in areas met beperkte hulpbronne.

Afvalwater huisves hoërisiko antimikrobiesweerstandige gene

Daar is toenemend bewyse dat ekstrasellulêre DNS – genetiese materiaal wat vrygestel word deur bakterieë wat tydens die behandelingsproses gedood word – potensieel as opgaartenk van antibiotikaweerstandigheid kan optree, iets wat voorheen onderskat is. Navorsers van die Universiteit Stellenbosch het in afvalwatermonsters van ’n groot Suid-Afrikaanse stad bewyse gevind van genetiese materiaal van twee hoof bakteriële groepe, algemeen bekend vir hul hoërisiko weerstandigheidsprofiele.

US se Fakulteit Natuurwetenskappe vier rekordgetal PhD-gegradueerdes

The Faculty of Science conferred a record number of 71 doctoral degrees during 2025. 53.5% of the 2025 cohort are women, graduating with PhDs in the fundamental sciences.

Nuuskierigheid oor lig lei tot PhD in fisika

Dr Anneke Erasmus is een van ses vroue wetenskaplikes om hul doktorsgrade in Fisika tydens die Universiteit Stellenbosch se Maart gradeplegtigheid te ontvang. Sy het verskeie terugslae beleef, waaronder beurtkrag en ’n gebarste waterpyp, tydens die eksperimentele opstelling van optiese vasvanging – ’n tegniek waarin lasers gebruik word om mikroskopies klein partikels in plek te hou.

Ingenieurstudente neem louere in eerste Integrasiekompetisie

An Integration Bee is a competitive mathematics event modelled after a spelling bee, in which participants rapidly evaluate indefinite and definite integrals from calculus, typically without calculators or reference materials. Raaid Fajander, a second-year student in Mechatronics Engineering, and Brock van der Westhuizen, a third-year student in Electric and Electronic Engineering, were the winner and runner-up after a week of nail-biting face-offs between the top 8 contenders.

Nuwe Afrika-sampioenspesie bevestig evolusionêre oorsprong van towersampioen

’n Nuutbeskryfde Afrika-spesie in die towersampioen-familie bevestig sy evolusionêre oorsprong vanuit Afrika. Psilocybe ochraceocentrata het ongeveer 1,5 miljoen jaar gelede laas ’n gemeenskaplike voorouer met P. cubensis gedeel. Die bevindings werp lig op die natuurlike oorspong van gekweekte P. cubensis en verskaf nuwe genetiese bronne vir navorsing oor psigotropiese sampioene.

Eersterivierstudie het jóú nodig: studente, stappers, grondeienaars en ander belanghebbendes

Die vorige norm-opname is meer as twee dekades gelede gedoen. Die treurbottelborsel, ’n indringerplant, het alreeds ’n aansienlike gedeelte van die rivier ingeneem en is besig om vinnig te versprei. Sleuteldata oor die inheemse spesies wat steeds binne en aangrensend aan hoofsaaklik uitheemse gemeenskappe langs die Eersterivier voorkom, sal insigte bied oor bestuursopsies.

LMU-US werkswinkel oor Willekeurige Diskrete Strukture

09:00
17:00
African Institute for Mathematical Sciences
LMU-US werkswinkel oor Willekeurige Diskrete Strukture

Div & Conquer Hackathon

12:00
12:00
Mathematics and Industrial Psychology B
Hackathon word aangebied deur die Stellenbosch University Developer Society (SUDS)
Subscribe to