Skip to main content

PhD-Studieleiding

PAGE IN PROGRESS - PLEASE RETURN LATER

 

Effektiewe studieleiding is noodsaaklik vir die sukses van 'n doktorale program. 'n Produktiewe en positiewe studieleidingverhouding is die grondslag van 'n suksesvolle doktorale ervaring. Promotors en studente word aangemoedig om van die begin af in gesprek te tree. Die besonderhede van die onderskeie verantwoordelikhede van promotors en studente word uiteengesit in die FGGW Doktorale Riglyne sowel as die gesamentlike Memorandum van Verstandhouding.

Elke doktorale kandidaat moet een interne, FGGW-geaffilieërde promotor hê wat 'n studieleidingkursus voltooi het, en wat verseker dat hulle vertroud is met die jongste US- en FGGW-beleid en sperdatums. 'n Hoof, eksterne promotor is aanvaarbaar solank 'n interne mede-toesighouer formeel genomineer is wat aktief aan die doktorale studieleiding deelneem en in 'n posisie is om te verseker dat die kandidaat volgens US- en FGGW-beleid en sperdatums werk.

Die ideale aantal promotors hang af van die model van studieleiding. As 'n reël is twee promtors per student ideaal vir alleenstaande studies, terwyl die aanwysing van tot maksimum vier promotors per student goed kan werk waar verskeie senior navorsers aan 'n groter projek saamwerk, of waar 'n kohortbenadering gevolg word. 'n Oorvloed studieleiers is gewoonlik nie voordelig vir 'n PhD nie. Bo en behalwe die voorgestelde getalle kan addisionele vakkundiges dalk eerder gevra word vir eenmalige insette oor spesifieke aspekte van die studie; in ag genome dat die poel van moontlike oorsigpaneellede asook interne eksaminatore krimp elke keer wanneer 'n kollega direk betrokke raak by die konseptualisering of oorsig van ‘n PhD-studie.
 


Voorvereistes vir PhD-Studieleiding 

1. 'n Interne PhD-promotor moet by die span ingesluit word.

  • Interne promtors moet sorg dat hulle vertroud bly met die FGGW Doktorale Riglyne.
  • Medewerkers mag hierdie rol vervul.
  • Emeritus professore, postdoktorale navorsers en huidige PhD-studente mag nie hierdie rol vervul nie. 

2. 'n PhD-toesighouer behoort normaalweg in besit te wees van 'n doktorsgraad. Meer besonderhede oor die geskiktheid vir PhD-studieleiding (en eksameniering) is in hierdie dokument beskikbaar.

3. Net soos kliniese PhD-studente, word daar van elke promotor van kliniese navorsing verwag om 'n PhD te hê, asook aktiewe Goeie Kliniese Praktyk (GCP) sertifisering.

4. Ten slotte word daar van alle doktorale promotors in die FGGW vereis om formele opleiding oor nagraadse studieleiding te voltooi. Beskikbare opsies sluit die volgende in:

Vorderingsverslae

Supervision reporting graphic
Image by: stock

Jaarlikse vorderingsverslaggewing oor doktorale studies is verpligtend in die FGGW. Doktorale studente in die fase voor etiekgoedkeuring moet 'n jaarlikse vorderingsverslag indien, waarop die promotor kommentaar moet lewer en goedkeuring moet aandui. In die geval van terugkerende studente word 'n jaarlikse vorderingsverslag elke jaar in Oktober van die promotor versoek. 

Wanneer 'n student die maksimum registrasieperiode van 'n PhD gaan oorskry, word daar ses maande voordat die registrasietydperk verstreik, ‘n motivering vanaf die promotor vereis. Hierdie motiveringsbriewe word deur die KNN, die Fakulteitsraad en die Senaat oorweeg. Motiverings word jaarliks in September by [email protected] ingedien, vir elke PhD-student in jaar 5 of later wie se verhandeling nie betyds vir die volgende Maart/April gradeplegtigheid vir eksaminering ingedien kan word nie. 

Finale studieleierverslag

Met die voltooiing van die PhD-eksamineringsproses, na afloop van die mondelinge eksamen, dien die studieleier die finale proefskrif (handtekeninge verwyder), 'n lys van veranderinge wat aangebring is, en 'n finale studieleierverslag by die Tygerberg Doktorale Kantoor, by [email protected], in. Die finale verslag word op op hierdie templaat voorberei.
 

Verslaggewing oor Studieleiding 

Akademiese omgewings rapporteer die proporsionele betrokkenheid van studieleiers van 'n PhD-projek op US-databasisse en aan die FGGW Komitee vir Nagraadse Navorsing (KNN). Die persentasie bydrae van beide interne en eksterne studieleiers moet op hierdie stadium aangedui word. Die volgende meganisme moet gebruik word om die persentasie-verdeling van studieleiding akkuraat vas te vang, beide vir interne en eksterne toesighouers: 'n Identiteit vir die eksterne toesighouer moet op SUN-id geskep word en in die proses moet die individu gekoppel wees aan die korrekte departement waar hulle by studieleiding betrokke is. Die persoon word soos gewoonlik aan die betrokke student gekoppel, maar die persoon word as "ekstern" geïdentifiseer en met hul US-nommer (soos geskep in SUN-ID) geïdentifiseer. Dit maak beide 'n akkurate beskrywing van die werklas rondom studieleiding en die korrekte vloei van fondse na die omgewing moontlik. (Eksterne studieleiers het dus geen nadelige impak op die subsidiegedeelte wat aan departemente toegewys word nie.)
 

Joint Degrees 

Joint PhD degrees conducted by SU together with an international partner institution, offer students a rewarding and enriched research journey. Supervisors who regularly collaborate with colleagues at a specific institution abroad, may want to explore the possibility of initiating a joint degree. Joint degrees are negotiated at the institutional level and are not possible on a student-by-student basis. The success of a joint PhD is strongly influenced by a successful pre-existing working relationship between the co-supervisors at the two partner institutions.

A supervisor who has a constructive relationship with a supervisor at one of SU's joint degree partners, can consider recruiting students to do a joint degree between SU and any of the universities listed below. The details of each joint degree are structured by the institutional-level agreement covering the fee agreement, examination process, and more. 

More information on SU joint degrees may be found at this link.

Two institutions graphic
Image by: stock
Coventry UniversityErasmus University Rotterdam (EUR)Friedrich Schiller University of Jena (FSU)
Ghent UniversityHasselt UniversityKU Leuven
Radboud Universiteit Nijmegen​Reutlingen University (master’s only)Università degli Studi di Padova
Université Clermont AuvergneUniversité de BordeauxUniversité de Montpellier
Universiteit Antwerpen​University of Göttingen (master’s only)University of Groningen
University of HamburgUniversity of Leipzig (includes master's)Université Toulouse III - Paul Sabatier
Vrije Universiteit Amsterdam (VUA)Vrije Universiteit Brussel 

 

 

 

forward together • sonke siya phambili • saam vorentoe