Komitee vir Nagraadse Navorsing (KNN)
Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe
Die FGGW Komitee vir Nagraadse Navorsing (KNN)
(Amptelike naam van die konmitee)
Taak/doel en tipe
Die Komitee vir Nagraadse Navorsing vergader kwartaalliks om alle aangeleenthede rakende navorsingsgrade en nagraadse navorsing namens die Fakulteitsraad van die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe (FGGW) aan die Universiteit Stellenbosch te oorweeg, vir uiteindelike goedkeuring deur die US Senaat, die hoogste akademiese liggaam van die universiteit.
Vergadering- en sakelys sluitingsdatums
| Sakelys sluit om 10:00 vm | KNN vergadering, 12:30 - 14:30 |
| Maandag, 19 Januarie 2026 | Donderdag, 29 Januarie 2026 |
| Maandag, 13 April 2026 | Donderdag, 23 April 2026 |
| Maandag, 20 Julie 2026 | Donderdag, 30 Julie 2026 |
| Maandag, 28 September 2026 | Donderdag, 8 Oktober 2026 |
Hierdie datums word saam met ander kerndatums ook in die FGGW almanak aangedui.
- Woon asseblief sover moontlik persoonlik by, aangesien dit die voorkeuropsie is. Aanlyn bywoning deur 'n KI/transkripsie-instrument soos Otter KI word nie toegelaat nie, aangesien daar van lede verwag word om hul departemente te verteenwoordig deur aktief deel te neem aan beraadslagings en ad hoc-vrae te beantwoord; aangesien die vergadering vertroulik is met bywoning beperk tot lede; en aangesien 'n amptelike verslag aan die Fakulteitsraad vir goedkeuring voorgelê word en aan alle komiteelede beskikbaar gestel word.
- Stuur verskonings asseblief teen een week voor die vergadering aan [email protected].
KNN Dokumentestapel
Mandaat
Die Komitee vir Nagraadse Navorsing (KNN) oorweeg navorsingsverwante sake namens die FGGW. Dit sluit in: beleid en regulasies met betrekking tot navorsing en nagraadse studie, nuwe navorsingsgrade vir insluiting in die US Jaarboek, toelating tot doktorale navorsing, onderbreking van studies, studieleiers en eksaminatorbenoemings vir navorsingsgrade, asook die aanbeveling van nagraadse navorsingsgraadresultate.
Lidmaatskap van die KNN behels die verantwoordelikheid om
deel te neem aan die vertroulike, kwartaallikse vergaderings van die komitee;
die lid se akademiese departement in te lig oor ter saaklike besluite; en om
op oorsigkomitees vir PhD navorsingsvoorstelle te dien.
🟠 Die Tygerberg Doktorale Kantoor ([email protected]) ken KNN-verteenwoordigers aan ongeveer ses studente per inname jaar se protokol oorsigpanele toe, hoewel die paneelvoorsitter en KNN verteenwoordiger saam 'n wedersyds geskikte datum bepaal en alle ander reëlings tref. Die hooftaak van 'n KNN-verteenwoordiger op 'n doktorale oorsigpaneel is om te verseker dat die paneel korrek saamgestel is, dat die oorsigproses korrek gevolg word, dat alle lede (toereikende geleentheid ontvang om te kan) deelneem, en dat die Kontrolelys vir Voorsteloorsig (Vorm A3) volledig voltooi word (aangesien alle velde verpligtend is). Wanneer 'n KNN-verteenwoordiger oor die nodige vakkundigheid beskik, mag hulle ook 'n volledige oorsigverslag verskaf. Die rol van ʼn KNN-verteenwoordiger en van ʼn paneelvoorsitter mag albei met dié van kundige oorvleuel, maar die rol van voorsitter mag nie met dié van KNN-verteenwoordiger oorvleuel nie. Die hoofrede waarom KNN verteenwoordigers sentraal toegeken word, is om 'n gelykmatige werksverdeling met betrekking tot paneeldeelname, onder KNN lede te bevorder. Die werk van oorsigpanele moet effektief gefasiliteer word, sodat studente nie vertraag word nie.