Skip to main content
ReSurfify First Price 2026
Image by: Supplied

Dr André Valkenberg en mede-stigter Jody Reid Harvey (MIng Chemiese Ingenieurswese) ontvang die prysgeld vir ReSurfify se oorwinning by die Agritech Innovation Challenge.

Toekennings en mylpale

ReSurfify aangewys as die wenner van die eerste Agritech Innovation Challenge

Miss M Gotyana
30 April 2026
  • Afwentelmaatskappy van die Universiteit Stellenbosch (US), ReSurfify, is die wenner van die eerste Agritech Innovation Challenge

’n Afwentelmaatskappy van die Universiteit Stellenbosch (US), ReSurfify, is  die wenner van die eerste Agritech Innovation Challenge, wat die impak van navorsing uit die Departement Chemiese Ingenieurswese uitlig. Hierdie innovasie vorm deel van Dr André Valkenberg se navoring. Hy is by die 2025 Navorsings- en Innovasietoekennings as Beste PhD-student aangewys, en het beide sy BIng- en PhD-graad in Chemiese Ingenieurswese aan die US voltooi het. Sy navorsing, onder leiding van Prof Robbie Pott, dra by tot die ontwikkeling van volhoubare biosurfaktante – ’n veld wat toenemende aandag geniet namate industrie na omgewingsverantwoordelike alternatiewe soek.

Lees die volle berig (slegs in Engels beskikbaar), hier

Verwante stories