Wie is ons
Die Fakulteit Ingenieurswese is een van die Stellenbosch Universiteit
se vlagskipfakulteite en is een van Suid-Afrika
se voorste produsente van ingenieurs van topgehalte.
Die wêreldklas-ingenieurs wat ons oplei, dra by tot die ekonomiese ontwikkeling van die land en verbeter burgers se lewensgehalte.
Ons uitstaande navorsings- en konsultasiedienste voeg waarde tot die bedryf toe en vul ons befondsingstrome aansienlik aan. Daar is ongeveer 4 000 ingenieurstudente, van wie 3 000 voorgraadse en 1 000 nagraadse studente is.
Die Fakulteit is in 1944 gestig en word gehuisves in 'n groot kompleks van geboue met moderne fasiliteite.
Dekaan: Fakulteit Ingenieurswese
Vise-dekaan: Onderrig en Gehalteversekering
Vise-dekaan: Navorsing en Bedryfskakeling
Jaarverslae
- Die jaarverslae (slegs in Engels beskikbaar) se lêergrootte is ongeveer 8 MB en mag ’n rukkie neem om te laai. Dankie vir u geduld.