Nagraadse programme
Ons bied ʼn verskeidenheid nagraadse programme in filosofie en toegepaste etiek, waaronder ʼn honneursprogram, twee magisterprogramme, twee PhD-programme, en ʼn Nagraadse Diploma in Toegepaste Etiek. Klik die tersaaklike duimgids hier onder vir meer inligting oor enige hiervan.
Honneurs in Filosofie
Dit is ʼn eenjaarprogram vir studente met ʼn baccalaureus van ʼn erkende universiteit en met filosofie as ʼn hoofvak. Meer inligting oor die program is hier beskikbaar.
Nagraadse Diploma in Toegepaste Etiek
Dit is ʼn eenjaarprogram vir studente met ʼn baccalaureus van ʼn erkende universiteit, wat geen agtergrond in filosofie of toegepaste etiek het nie. Meer inligting oor die program is hier beskikbaar.
MPhil in Toegepaste Etiek
Dit is ʼn eenjaarprogram vir studente en beroepslui wat in toegepaste etiek belangstel. Meer inligting oor die program is hier beskikbaar.
MA in Filosofie
Hierdie program bied gevorderde opleiding in filosofie, met die oog op onafhanklike navorsing. ʼn Sterk honneursgraad in filosofie, of ʼn kwalifikasie wat deur die Senaat as gelykstaande beskou word, is die normale voorvereiste vir toelating tot die MA-program. Meer inligting oor die program is hier beskikbaar.
PhD in Toegepaste Etiek
Die PhD-program in toegepaste etiek is gemik op studente wat beduidende onafhanklike en oorspronklike navorsing oor ʼn vraagstuk in toegepaste etiek wil onderneem. Meer inligting oor die program is hier beskikbaar.
PhD in Filosofie
Die PhD-program in filosofie is bedoel vir studente wat beduidende onafhanklike en oorspronklike navorsing oor ʼn filosofiese vraagstuk wil onderneem. Meer inligting oor die program is hier beskikbaar.