Skip to main content
Photo by Cheryl McEwan

Postgraduate Diploma in Applied Ethics

Nagraadse Diploma in Toegepaste Etiek


Hierdie eenjaarprogram bied aan studente ʼn breë inleiding tot filosofie en morele teorie. Die program rus studente met die nodige kennis en vaardighede toe om morele redenasies te voer.


Toelatingsvereistes


Enige baccalaureus van ʼn erkende universiteit met ʼn gemiddelde slaagpunt van 65% en meer. Die program word elke tweede jaar aangebied, met die volgende inname in 2026.


Onderrigformaat


Die diplomakursus behels twee reekse lesings van twee weke lank (in Januarie en Julie), asook opdragte en eksamens. Die eksamen word gedurende die tweede kontaksessie geskryf, wat beteken dat Stellenbosch slegs vir die twee lesingreekse besoek moet word (dus altesaam vier weke).


Inskakeling met ander programme


Studente wat die NGD in Toegepaste Etiek met ʼn gemiddeld van 60% of meer slaag, kan vir toelating tot die MPhil (Toegepaste Etiek)-program kwalifiseer. Raadpleeg gerus die Fakulteit se Jaarboek vir inligting oor toelatingsvereistes en aansoeksperdatums.


Programoorsig


Die breë temas wat in hierdie program gedek word, sluit die volgende in (hierdie lys is aan verandering onderhewig):

Kontaksessie een:

  • Inleiding tot filosofie en die geskiedenis van filosofie
  • Inleiding tot normatiewe etiek en morele besluitneming
  • Kritiese denkvaardighede en waardesontleding
  • Toegepaste etiek – velde


Kontaksessie twee:

  • Kontekste van morele redenering
  • Metodologieë van gevallestudies
  • Teorieë van geregtigheid
  • Etiek, ideologie en mag
  • Kompleksiteit, postmodernisme en etiek
  • Etiek en evolusie
  • Biologie en ras
  • Toegepaste etiek – temas

Inquiries


Gebruik die volgende kontakbesonderhede vir bykomende inligting: 

• Programkoördineerder – Prof Minka Woermann ([email protected]

• Algemene inligting – Me. Rachel Adams ([email protected])