Breadcrumb
Sokratiese Vereniging
Die Sokratiese Vereniging is die filosofiese vereniging van die Universiteit Stellenbosch, onder leiding van studente, wat bestaan uit voorgraadse en nagraadse filosofiestudente. Die doel van die Sokratiese Vereniging is om studente filosofie te laat praktiseer deur bespreking en omgang met mekaar en die groter Universiteitsgemeenskap. Hiervoor bied die Vereniging elke jaar ʼn aantal formele geleenthede en enkele informele sosiale byeenkomste aan. Vir die formele geleenthede word sprekers gewoonlik uit die studentekorpus gekies om ʼn aanbieding oor ʼn filosofiese vraag te lewer, waarna hulle vrae sal beantwoord en ʼn bespreking met hulle eweknieë en die lede van die gehoor sal voer. In die breedste terme is die doel van die Vereniging om kritiese denkgewoontes en volwasse intellektuele betrokkenheid by debat en redenering aan te kweek. Dit is ʼn ruimte waarbinne die werktuie van filosofiese ontleding geslyp sal word en bied ʼn ruimte vir die oefening en praktisering van filosofiese denke binne ʼn ondersteunende omgewing, wat gestruktureer is om juis dit te doen.
Vir navraw, kontak Me. Tamlyn February