Skip to main content
Photo by Cheryl McEwan

PhD Applied Ethics

PhD (Toegepaste Etiek)

Toelatingsvereistes


Studente kan om toelating tot die PhD (Toegepaste Etiek)-program aansoek doen op grond van ʼn sterk MA in hetsy filosofie of toegepaste etiek van ʼn erkende universiteit, of ʼn kwalifikasie wat deur die Universiteitsenaat as gelykstaande beskou word. Voorlopige aanvaarding geskied na die goeddunke van die Departement Filosofie, gebaseer op jou akademiese rekord en ons beskikbare navorsingskundigheid. Amptelike toelating tot die PhD (Toegepaste Etiek)-program hang af van die suksesvolle verdediging van ʼn formele doktorale voorstel en die finale goedkeuring van die Hoërgradekomitee van die Fakulteit Lettere en Sosiale Wetenskappe.

Hoe om aansoek te doen

Studente wat daarin belangstel om aansoek om toelating tot die PhD (Toegepaste Etiek)-program te doen, moet eers ʼn moontlike studieleier op hulle belangstellingsgebied identifiseer. Daar is individuele navorsingsprofiele op ons personeelblad wat jy kan besigtig. Wanneer jy ʼn moontlike studieleier uitgeken het, nader hulle asseblief met ʼn aanvanklike verklaring van belangstelling, saam met die volgende: 

1. Curriculum vitae 

2. Bewys van grade en punte behaal 

3. ʼn Voorbeeld van jou akademiese skryfwerk (artikel in gerefereerde vaktydskrif of hoofstuk uit jou MA-tesis) 

4. ʼn Kort oorsig van jou voorstel – nie meer as twee bladsye nie. Hierdie oorsig moet jou tesisstelling, ʼn kort opsomming van jou voorgenome argument, en ʼn aanvanklike bronnelys bevat. Die doel van hierdie oorsig is om ons te help om vas te stel of jou navorsingsbelangstelling met een van ons kundigheidsgebiede strook en of jy jou veld goed genoeg verstaan om PhD-navorsing te kan onderneem. 

5. Jy kan ook om akademiese verwysingsbriewe gevra word. Jy hoef dit nie by jou aanvanklike toenadering tot ʼn moontlike studieleier in te sluit nie, maar jy kan gevra word om dit op ʼn later stadium te verskaf. 

As jy die groen lig kry, kan jy ʼn formele aansoek via die Universiteit se toelatingsportaal by hierdie skakel indien. 

Wanneer jy voorlopig vir die PhD (Toegepaste Etiek)-program aanvaar en geregistreer is, sal jy met jou studieleier saamwerk om ʼn formele PhD-voorstel te ontwikkel – ʼn proses wat gewoonlik drie tot ses maande duur. Hierdie voorstel sal dan voor die Doktorale Toelatingskomitee verdedig word, wat sal bepaal of jou navorsingsonderwerp haalbaar is en of jy toegerus is om dit suksesvol af te handel. Wanneer die voorstel goedgekeur is, sal jy aan die PhD-proefskrif self kan begin werk.

Sperdatum vir aansoeke

Aansoeke word regdeur die jaar oorweeg.

Navrae

Kontak gerus vir dr Andrea Palk by [email protected] met enige verdere navrae.