Skip to main content

Hulpbronne vir personeel

Akademiese Aanbodkomitee

Oorsig

Die AAK is verantwoordelik vir die goedkeuring en kontrolering van die akademiese aanbiedings van die Fakulteit van Lettere en Sosiale Wetenskappe. Dit is ons Fakulteit se ekwivalent van ander fakulteite se programkomitees.
Die mandaat van die AAK strek egter wyer as programme en modules. Die komitee voer ook talle ander kontroles uit, insluitend (maar nie beperk tot) die grondwette van sentrums en ander omgewings, samewerking tussen fakulteite oor akademiese inhoud, en praktiese kwessies soos roosters, assesserings, en dies meer.

Die komitee se doel is om kollegas binne die Fakulteit te adviseer en by te staan met hul voorstelle, om seker te maak dat die voorstelle aan die onderskeie standaarde en vereistes voldoen, en om dit dan na die regte plekke te stuur vir finale goedkeuring. Die doel van hierdie werk is om akademiese integriteit te verseker.

Die mees sigbare produk wat uit die werk van die AAK volg is die Jaarboek.

Komiteelede

Voorsitter
Dr Jan de Waal ([email protected])
Ondervoorsitter
Prof Pieter Grobler
Sekretaris
Ms Mitculay Swarts ([email protected])
Elected members
Dr Annemarie de Villliers
Prof Pieter Grobler
Dr Handri Walters
Co-opted and ex officio members
Prof Vasti Roodt (Dean)
Prof Taryn Bernard (Vice-dean: Teaching and Learning)
Dr Stella Viljoen (Vice-dean: Research)
Mnr. Pieter Janse van Rensburg (Fakulteitsbestuurder)
Mnr Richard Barnett (Roosters)
Ms Penny Campbell (BASC representative)
Ms Cheryl Richardson (Registrar’s office)
Ms Amy Daniels