Breadcrumb
Uitstaande studiegelde
Studente met uitstaande gelde
Studente met uitstaande gelde is steeds welkom om hulle gradeplegtighede by te woon. In plaas van hulle amptelike gradueringsdokumente, sal die koker wat hulle by die seremonie ontvang ‘n kennisgewing bevat wat hulle herinner om die uitstaande bedrag te betaal. Gradueringsdokumente sal uitgereik word sodra die rekening ten volle vereffen is.
NSFAS-studente met uitstaande bedrag
- Ook NSFAS-studente met uitstaande skuld is welkom om hulle gradeplegtighede by te woon. Die koker wat hulle by die plegtigheid ontvang sal slegs hulle akademiese rekord bevat. Die amptelike graadsertifikaat sal uitgereik word sodra NSFAS die uitstaande bedrag ten volle vereffen het.
NSFAS-studente met uitstaande skuld waarvoor hulle self aanspreeklik is (dus addisionele gelde wat nie deur NSFAS gedek word nie), kan ook hulle gradeplegtigheid bywoon. Die koker wat hulle by die plegtigheid ontvang, sal 'n skrywe bevat om hulle daaraan te herinner om die uitstaande balans op hulle studenterekening te betaal. Hulle graadsertifikaat en akademiese rekord sal uitgereik word sodra die rekening ten volle vereffen is.
Sperdatum vir betalings
Om te verseker dat studente wel hulle amptelike gradueringsdokumente in die koker by hulle gradeplegtigheid ontvang, moet alle uitstaande gelde teen die einde van die werkdag op Vrydag, 13 Maart 2026 vereffen word.
Om betalings te maak, kontak Studentgelde: 021 808 3530 | [email protected] of betaal uitstaande bedrag aanlyn: Student Electronic Payments
Jy kan navrae oor studentegelde by ons aanlyn Diensportaal aanmeld. Onthou asseblief om jou studentenommer in die beskrywing in te sluit sodat ons jou navraag doeltreffend kan beantwoord.
- Vir verdere navrae: Kliëntedienssentrum: 021 808 9111 | [email protected]
Verklarings
Studente met uitstaande skuld, ook studente wat deur NSFAS befonds is, kan ‘n verklaring aanvra wat bevestig dat hulle hul akademiese program suksesvol voltooi het. Versoeke kan gestuur word na: [email protected]. Sluit asseblief jou US-studentenommer en jou identiteitsnommer in, en dui aan of jy ‘n Engelse of Afrikaanse verklaring verkies.