Photo by Stefan Els
Breadcrumb
Gradeplegtigheids-program
Weglating van naam uit graduandi-naamlys
As jy kwalifiseer om in Maart 2026 te gradueer, maar jou naam verskyn om een of ander rede nie op die lys van graduandi vir jou fakulteit se gradeplegtigheid nie, kan jy verseker wees dat ons vir jou spesiale reëlings sal tref.
- Stel asseblief jou fakulteitsadministrateur in kennis van die weglating. Die kontakbesonderhede is HIER beskikbaar.
- Reëlings sal vir jou en jou gaste getref word om die plegtigheid by te woon, en vir jou om oor die verhoog te kan loop.
- Jou gradedokumente sal per koerier versend word na die woonadres wat op jou studenterekord verskyn
- Jou naam sal nie op die gradelys verskyn wat voor die plegtigheid gepubliseer word nie, en ook nie in die gradeprogram van die betrokke dag nie.
- Jou naam sal ingevoeg word in die finale publikasie van die Maart-plegtighede (2026) wat vir die Universiteit Stellenbosch se Argief opgestel word. Jy sal na die gradeweek ‘n kopie van dié publikasie vir jou eie rekords ontvang.