Assesseringstoegewings
Assesseringstoegewings (konsessies) kan ekstra skryftyd, speltoegewings, afneming in 'n afsonderlike lokaal, handskriftoegewings, mondelinge assesserings, 'n rekenaarlokaal of ondersteunende tegnologie, 'n skribent, leesbystand of 'n amanuensis (lees vraag en skryf antwoord neer), 'n goed beligte lokaal, 'n braille-vertrek, gebruik van 'n rolstoel, vergrote teks, 'n voorleser of SA Gebaretaal-tolke insluit. Verwys na die afdeling oor die akkommodering van spesiale behoeftes gedurende hoofassesserings in die Jaarboek, Deel 1 (Algemene Reëls).
- 'n Student kan met 'n geldige bewys van 'n mediese toestand aansoek doen vir Assesseringstoegewings.
- Toegewingsverwante navrae — ook nuwe versoeke vir noodtoegewings — kan per epos na die Eenheid vir Gestremdhede gestuur word: [email protected].
- Studente kan hul briewe vir assesseringstoegewings via die SUNStudent-portaal aflaai. Die proses word in die studentehandleiding — Access assessment timetable and concession letter — verduidelik.
- Daar word van studente verwag om self inligting oor hul assesseringslokale op die SUNStudent-portaal te kan vind vir assesserings wat sentraal deur die Assesseringskantoor geadministreer word. Die studentehandleiding — Access assessment timetable and concession letter — verduidelik stap-vir-stap hoe om jou assesseringslokale te vind. Studente met assesseringstoegewings wat hiermee probleme ondervind, kan hulp vra by die Kliëntedienssentrum: [email protected] of 021 808-9111. Verskaf asseblief jou studentenommer wanneer jy navraag doen. Let daarop dat die Kliëntedienssentrum vanweë die opknapping van Admin A, tydelik in die Anorganiese Chemie-gebou in Bosmanstraat (direk oorkant Huis Marais) gehuisves word.
- Die US se Klientedienssentrum kan ook help met navrae oor A3-assesseringslokale vir studente met assesseringstoegewings: [email protected] of 021 808-9111. Vanweë die Wet op die Beskerming van Persoonlike Inligting (POPI-wet) mag inligting oor lokale vir studente met assesseringstoegewings nie op hierdie assesseringswebblad gepubliseer word nie.
- Aansoektydperk vir assesseringstoegewings vir die tweede semester: Maandag, 21 Julie tot Vrydag, 1 Augustus 2025. Klik HIER vir meer inligting.