Skip to main content

Kontak

Toegang tot die Assesseringskantoor (AARGO)

Aangesien konstruksie in 2026 na die noordelike deel van Admin A sal uitbrei, sal die Assesseringsadministrasie, Akademiese Rekords en Gradekantoor (Assesserings-kantoor — AARGO) vir die eerste kwartaal moet verhuis.  Studente word aangemoedig om liewer versoeke en navrae per epos te stuur as om die Assesseringskantoor te besoek. Navrae oor A2- en A3-assesserings kan na [email protected] gestuur word. Sluit altyd jou US-studentenommer in die onderwerpreël (subject line) in wanneer jy per epos kommunikeer. Stuur asseblief rekord-verwante navrae na [email protected].

Toegang tot NARGA bly in 2026 onveranderd via die noordelike ingang na Admin A.  

Hulpbronne en kontakbesonderhede

  • Die gebruikershandleiding vir studente — Access Exam Table and Concession Letter on Student Portal — kan moontlik help om assesseringsverwante vrae te beantwoord. SUNStudent het nog nie 'n gebruikersvriendelike koppelvlak vir selfone nie. Gebruik dus liewer you rekenaar (en nie jou selfoon nie) om lokaalinligting op jou assesseringsrooster te vind.
  • Punte vir A2- en A3-asserings, asook die finale jaareind-uitslae sal op die SUNStudent-portaal beskikbaar gestel word. Raadpleeg die studentehandeleiding — How to Access your Assessment (examination) Results — en volg die aanwysings stap vir stap. Vir A3-assesserings wat deur die sentrale Assesseringskantoor geadministreer word, sal studente ook op die SUNStudent-portaal kan sien of hulle vir ‘n A3-assessering kwalifiseer.
  • Vir A3-assesserings wat deur ‘n akademiese department of sentrum geadministreer word, sal studente wat kwalifiseer via SUNLearn of ‘n ander kanaal soos deur die betrokke department bepaal, ingelig word. Kontak jou dosent of akademiese departement as jy onseker is.
  • Die US se Klientedienssentrum is die primêre aankloppunt vir navrae en hulp, telefonies (021 808-9111) of per epos: [email protected]. Let asseblief daarop dat die Kliëntedienssentrum vanweë die opknapping van Admin A, tydelik in die Anorganiese Chemie-gebou in Bosmanstraat (direk oorkant Huis Marais)
  • Vir inligting oor assesserings, kan studente per epos navraag doen: [email protected]. Vanweë konstruksie moet die Assesseringskantoor vir die eerste kwartaal van 2026 hul kantore in Admin A ontruim.  
  • Navrae oor assesseringstoegewings — ook nuwe noodtoegewingsversoeke — kan per epos gestuur word na die Eenheid vir Gestremdhede: [email protected]. Studente kan hul briewe vir assesseringstoegewings via die SUNStudent-portaal aflaai. Raadpleeg die gebruikershandleiding — Access Exam Table and Concession Letter on Student Portal — vir aanwysings.
  • Meld asseblief assesseringsverwante sake tydens enige A2- en A3-assesseringstydperke per epos aan by mev Ruby Frans: [email protected]​​