A3-assesserings
Verwys asseblief na die SUNStudent-portaal vir jou A3-assesseringsdatums en lokaalinligting vir die A3-assesseringstydperk wat op 11 June 2026 begin. Hierdie webblad is 'n addisionele hub waar jy nader aan die tyd inligting oor A3-assesserings sal kry, as jy nie die inligting op die portaal kan vind nie. Blaai af tot by die tabel met die module- en lokaalinligting vir die A3 assesserings in Junie 2026.
- Punte vir die A2- en A3-assesserings, asook die finale jaareind-uitslae sal via die SUNStudent-portaal met studente gekommunikeer word. Verwys na die studente-handleiding — How to Access your Assessment (examination) Results — en volg die instruksies stap vir stap.
- Vir A3-assesserings wat deur die sentrale Assesseringskantoor geadministreer word, sal studente op die SUNStudent-portaal kan sien of hulle vir 'n A3-assessering kwalifiseer.
- Let asseblief daarop dat die Excel-sigblad net nie-konsessie-lokale vertoon vir modules wat sentraal deur die Assesseringskantoor op die Stellenbosch-kampus geadministreer word. Die leêr is gemerk met die datum van die A3-assessering.
- Jy sal die lokaal vir jou spesifieke module in die sigblad vind by die geskeduleerde assesseringsdatum en -sessie. Studente-groepe word volgens hul vanne per lokaal ingedeel.
- Die besonderhede van die assesseringslokale sal op die laatste een dag voor die spesifieke assesseringsdatum beskikbaar gestel word wanneer fakulteite die name van studente bekend maak wat vir die A3-geleentheid kwalifiseer.
Module- en lokaalinligting vir A3-assesserings in Junie 2026
- Aangesien sommige modules intern deur akademiese departemente geadministreer word, moet jy by jou department navraag doen as jou modules nie op die sigblad hieronder (sodra beskikbaar) verskyn nie.
- Studente met assesseringstoegewings moet asseblief met die Kliëntedienssentrum in verbinding tree vir inligting oor A3-konsessielokale: [email protected] of 021 808-9111. Verskaf asseblief jou studentenommer wanneer jy navraag doen. Vanweë die konstruksie in Admin A, het die Kliëntedienssentrum tydelik na die Anorganiese Chemie-gebou in Bosmanstraat verskuif.