Toegang tot punte
Punte vir die A2- en A3-assesserings, asook die finale jaareind-uitslae sal via die SUNStudent-portaal met studente gekommunikeer word. Verwys na die studente-handleiding — How to Access your Assessment (examination) Results — en volg die instruksies stap vir stap.
Vir A3-assesserings wat deur die sentrale Assesseringskantoor geadministreer word, sal studente op die SUNStudent-portaal kan sien of hulle vir 'n A3-assessering kwalifiseer. Vir A3-assesserings wat deur ‘n akademiese departement of sentrum geadministreer word, sal studente wat kwalifiseer via SUNLearn of ‘n ander kanaal soos deur die departement bepaal, in kennis gestel word. Kontak jou dosent of akademiese departement as jy onseker is.
Die besluit oor 'n A3-assessering moet verkieslik minstens vyf assesseringsdae voor 'n spesifieke module se A3-assesseringdatum gekommunikeer word, maar niks minder as drie assesseringsdae nie. Tensy openbare vakansiedae, word Maandag tot Saterdag as assesseringsdae beskou. Vir korter kennisgewings moet die dekaan van 'n fakulteit of afdelingshoof van 'n sentrum gemotiveerde toestemming verleen. Studente moet binne twee weke na die begin van 'n module van so 'n afwyking in kennis gestel word. Let asseblief daarop dat sperdatums vir die finalisering van punte, soos in die almanak gepubliseer, voorkeur kry bo die bogenoemde bepaling van drie of vyf dae.
Die lokaaltoekenning vir 'n A3-assessering sal minstens een of twee dae voor die assessering op die SUNStudent-portaal aangedui word. Vir studente sonder assesseringstoegewings wat moontlik teenstrydighede raaksien, of nie hul roosters op SUNStudent kan vind nie, sal die A3-lokaalrooster (per module/per datum/per sessie) minstens een dag voor die geskeduleerde A3-assessering op hierdie webblad gepubliseer word.
Vanweë die Wet op die Beskerming van Persoonlike Inligting (POPI-wet) mag inligting oor lokale vir studente met assesseringstoegewings nie op hierdie assesseringswebblad gepubliseer word nie. Die US se Klientedienssentrum kan help met navrae oor A3-assesseringslokale vir studente met assesseringstoegewings: [email protected] of 021 808-9111. Let asseblief daarop dat die Kliëntedienssentrum vanweë die opknapping van Admin A, tydelik in die Anorganiese Chemie-gebou in Bosmanstraat (direk oorkant Huis Marais) gehuisves word.
- Dinsdag, 25 November 2025: Laaste dag waarop akademiese departemente die finale A2-assesseringspunte kan laai wat studente in Oktober/November verwerf het.
Amptelike middeljaaruitslae en akademiese transkripte
Die amptelike middeljaaruitslae en akademiese rekords/transkripte met 'slaag graad' daarop vir studente wat in die middel van 'n akademiese jaar aan hul graadvereistes voldoen, sal vroeg in Augustus van daardie jaar beskikbaar wees, sodra die punte bekragtig en administratiewe prosesse afgehandel is. Bykomende besonderhede sal soos nodig op die blad met Algemene inligting gepubliseer word.