A2 assesserings
Verwys asseblief na die SUNStudent-portaal vir jou assesseringsrooster en lokaalinligting vir die A2-assesseringstydperk van 18 Mei tot 10 Junie 2026. Raadpleeg die gebruikershandleiding vir studente — How to access assessment timetable and concession letter — vir aanwysings.
- Gee die registrasieblad kans om ten volle te laai voordat jy probeer om jou assesseringsrooster oop te maak.
- Let op 'step 5' in die gebruikershandleiding. Studente moet seker maak dat die regte 'period' (semester) geselekteer is voordat die soekfunksie geaktiveer word. As die verkeerde semester gekies is, sal die assesseringslokale nie reg vertoon nie.
Studente wat nie hul assesseringsroosters en -lokale op hul persoonlike profiel op SUNStudent kan sien nie, kan die inligting nagaan op die PDF-weergawe van die A2-assesseringsrooster (wanneer beskikbaar). Let daarop dat jy moet afblaai tot by die datum van jou assessering om die verwante inligting te vind.
Assesseringstoegewings (Konsessies)
Studente met assesseringstoegewings (konsessies) moet asseblief met die Kliëntedienssentrum in verbinding tree vir inligting oor konsessielokale: [email protected] of 021 808-9111. Verskaf asseblief jou studentenommer wanneer jy navraag doen. Vanweë die konstruksie in Admin A, het die Kliëntedienssentrum tydelik na die Anorganiese Chemie-gebou in Bosmanstraat verskuif.