Skip to main content

Beurs befondsing opsies

Finansiële behoefte behoort nie ’n voornemende student te verhinder om aan die Universiteit in te skryf nie

Finansiële behoefte behoort nie ’n voornemende student te verhinder om aan die Universiteit in te skryf nie

Die Universiteit Stellenbosch (US) glo dat elke student wat die potensiaal het om akademies suksesvol te wees, sover moontlik die geleentheid daartoe moet kry. Daarom probeer die US om diegene wat as studente tot die Universiteit toegelaat word, maar ’n gebrek aan finansiële middele het, sover moontlik te ondersteun.

Die Universiteit is terdeë bewus van die finansiële behoefte by sy studente. Ongelukkig het die Universiteit egter beperkte fondse tot sy beskikking nie. Studente word aangemoedig om nie slegs op finansiële ondersteuning van die Universiteit aanspraak maak nie, maar om ook ander, eksterne (privaat; maatskappy; staat) befondsingsgeleenthede te ondersoek. Die feit dat 'n student om 'n US-beurs of -befondsing aansoek gedoen het, is geen waarborg dat sodanige befondsing aan hulle toegeken sal word nie.

Die Universiteit verleen twee vertroubare vorme van finansiële ondersteuning waarop studente kan reken, naamlik toekennings vir uitnemendheid en die hoogs voordelige “drie kinders”-korting. Hierdie toekennings en kortings word op meriete toegeken en oorweeg nie finansiële behoefte as ’n kriterium vir kwalifisering nie.

Voornemende studente (met voorlopige toelating tot ’n studieprogram; dit beteken dat jy ’n unieke 8-syfer US-studentenommer het) en huidige voorgraadse studente kan aansoek om finansiële hulp doen. Jy moet ook ’n Suid-Afrikaanse burger wees, of permanente verblyfstatus hê.

NGOS- en PG LLB-studente kan aansoek doen vir voorgraadse US-befondsing, maar let asseblief daarop dat die befondsing en beskikbare beurse vir hierdie studieprogramme uiters beperk is. Hierdie studente word dus versoek om ook privaat eksterne befondsingopsies te oorweeg. Die Nie-US-befongsingskategorie is ‘n goeie beginpunt vir navorsingsopsies.

NAGRAADSE FINANSIERING Besoek asseblief die Nagraadse Kantoor -webwerf.

Elke student aan die Universiteit Stellenbosch is dus in die eerste en laaste instansie self verantwoordelik om finansiële voorsiening te maak vir die vereffening van hulle Studentegelderekening.

US-befondsing

Voornemende en huidige voorgraadse studente kwalifiseer vir US- finansiële ondersteuning op grond van twee hoofkriteria: finansiële behoefte en akademiese meriete.

US- eksterne skenkerbefondsing

Die US ontvang eksterne skenkerbefondsing wat vir beurse geoormerk is.

Befondsing vir die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe

Die Sentrum vir Studenteadministrasie (SSA) en die SVBL-beursbeamptes op die Tygerberg-kampus (Kliniese gebou) verleen hulp aan FGGW-studente.

SA Staatsbefondsing

Die Suid-Afrikaanse regering bied opsies vir tersiêre befondsing aan voornemende universiteitstudente wat aan die minimum kiesbaarheidskriteria voldoen.

Nie-US-befondsing

Daar is alternatiewe befondsingsopsies wat studente kan verken – van skarefinansiering tot beurse wat privaat maatskappye aanbied in ruil daarvoor dat jy vir ’n sekere tydperk vir hulle werk nadat jy jou studies voltooi het.