US- eksterne skenkerbefondsing
Die US ontvang eksterne skenkerbefondsing wat vir beurse geoormerk is
Die SVBL bestuur en administreer hierdie beurse namens eksterne skenkers en volgens spesifieke finansiële behoefte, akademiese en/of ander kwalifiserende kriteria.
Die kriteria vir US eksterne skenkerbeurse verskil, so gaan dit asseblief na om te bepaal of jy kwalifiseer. Jy moet ’n unieke aansoekvorm voltooi om oorweeg te word. Die aansoek vorm deel van die US-Befondsingsgeleenthede vir Voorgraadse Studente (SUFO) aanlynproses en jy sal na ’n veilige webwerf geneem word om die aansoekvorm te voltooi.
Ons beveel aan dat jy eers die instruksies onder die Aansoekproses -oortjie nagaan om jou ondersteuningsdokumente voor te berei, voordat jy op ‘Doen nou Aansoek’ klik.
Dippenaar-familietrust (slegs EBW-studente)
’n Familiebeurstrust bou nie net ’n blywende ondersteuningsbasis nie, maar bou ook die land. Dit het Laurie en Estelle Dippenaar besef toe hulle die Dippenaar-familiebeurstrust tot stand gebring het. Die Dippenaars het oor die afgelope 20 jaar meer as 350 studente van die Universiteit Stellenbosch op hulle pad na sukses, deur hierdie familiebeurstrust, gehelp.
Die Dippenaar-familiebeurstrust ondersteun jaarliks tussen 15 tot 20 studente en stel hierdie studente in staat om op hulle studies te fokus, sonder die stres dat hulle moontlik moet opskop weens ’n gebrek aan befondsing. Die meeste van hulle beursontvangers is eerstegenerasie-universiteitstudente wat nie die finansiële hulpbronne tot hulle beskikking het om hierdie groot stap te neem nie. Een van hierdie studente, Siyabonga Ndlovu, het BCom Bestuurswetenskap studeer en wil graag wyses vind om ware korporatiewe sosiale waarde in sy toekomstige loopbaan te skep. Sonder die ondersteuning van die Dippenaar-familietrust sou sy droom van sosiale entrepeneurskap onbereikbaar wees.
“Wanneer ’n student weet dat hulle studies ten volle gedek is, en dat daar geen gaping in befondsing of tekorte is waarvoor hulle self voorsiening moet maak nie, het hulle dikwels meer selfvertroue wat hulle aanspoor om te kan fokus op dit wat nodig is om die uitdagings van ’n moeilike akademiese jaar die hoof te bied," sê Arrie Hanekom, gewese hoof van SVBL.
Hierdie beurs is slegs vir voorgraadse studente aan die Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe met ’n gemiddeld van 60%. Die waarde van die beurs word deur ’n keuringspaneel bepaal wat aansoekers se finansiële behoefte en akademiese potensiaal in ag neem; die waarde wissel tussen R20 000 en R50 000 per jaar.
Laai af en voltooi die unieke aansoekvorm gevind onder die Vorms & Beleid-oortjie: FORM DIPPENAAR-CUG (vir huidige studente) of FORM DIPPENAAR-PUG (vir voornemende studente). Jy sal in die SUFO-aanlyn aansoek gevra word om hierdie dokument op te laai (afdeling 8).
Aansoeke is tans gesluit. Doen asseblief aansoek tydens die 2027-aansoektydperk.
Doris Crossley-beurs
Die Harry & Doris Crossley-stigtings is privaat befondsers of skenkingsorganisasies in Kaapstad wat op tersiêre onderrig en navorsing fokus. Mnr. en mev. Crossley het die voordeel van beide tersiêre onderrig en navorsing gesien, en albei het feitlik hulle hele onafhanklike boedels vir die vorming van hulle individuele stigtings agtergelaat. Jy kan hier oor die stigting lees.
Politieke en godsdienstige studies is die enigste studierigtings wat kragtens die bepalings van die akte van befondsing uitgesluit is.
Laai af en voltooi die unieke aansoekvorm gevind onder die Vorms & Beleid-oortjie: FORM DORIS CROSSLEY-CUG (vir huidige studente) of FORM DORIS CROSSLEY-PUG (vir voornemende studente). Onthou om die twee (2) verwysingsbriewe in te sluit om jou aansoek te ondersteun. Jy sal in die SUFO-aanlyn aansoek gevra word om hierdie dokument op te laai (afdeling 8).
Aansoeke is tans gesluit. Doen asseblief aansoek tydens die 2027-aansoektydperk.
Du Toit Hugenote-beurs
Hierdie beurs word hoofsaaklik op grond van finansiële behoefte, akademiese prestasie en leierskappotensiaal toegeken. Alle kandidate moet twee van die modules in hulle program in Afrikaansstudeer. As alle ander faktore gelyk is, geniet kandidate van Hugenote-afkoms voorkeur.
Laai af en voltooi die unieke aansoekvorm gevind onder die Vorms & Beleid-oortjie: FORM DU TOIT HUGENOTE-CUG (vir huidige studente) of FORM DU TOIT HUGENOTE-PUG (vir voornemende studente). Onthou om die motiveringsbrief en 'n beëdigde verklaring wat jou Afrikaanse modules bevestig) in te sluit om jou aansoek te ondersteun. Jy sal in die SUFO-aanlyn aansoek gevra word om hierdie dokumente op te laai (afdeling 8).
Aansoeke is tans gesluit. Doen asseblief aansoek tydens die 2027-aansoektydperk.
DW Ackermann (slegs Ingenieurwesestudente)
Die DW Ackermann-beursfonds is slegs oop vir voorgraadse Ingenieurstudente wat aan die volgende kiesbaarheidskriteria moet voldoen om vir ’n toekenning oorweeg te word:
- Studierigting Die student is voorlopig aanvaar om enige graadprogram wat deur die Fakulteit Ingenieurswese aangebied word, te studeer
- Akademiese meriete Die student behaal ’n gemiddeld van ten minste 75% (Lewensoriëntering uitgesluit) in hulle finale graad 12-uitslae, en 75% vir Wiskunde en 70% vir Fisiese Wetenskappe en 75% for Mathematics en 70% for Physical Science
- Finansiële behoefte Die student kom uit ’n huis met ’n bruto huishoudelike inkomste van hoogstens R600 000 per jaar (R50 000 per maand)
Die waarde van die beurs word deur ’n keuringspaneel bepaal wat die finansiële behoefte en akademiese potensiaal van kandidate in ag neem. Voortsetting van die beurs is afhanklik van akademiese prestasie soos deur die DW Ackermann-beursfondskomitee bepaal.
Laai af en voltooi die unieke aansoekvorm gevind onder die Vorms & Beleid-oortjie: FORM DW ACKERMANN. Jy sal in die SUFO-aanlyn aansoek gevra word om hierdie dokument op te laai (afdeling 8).
Belangrike nota NSFAS-befondsde studente en US-Internasionale studente (SUI) van die Fakulteit Ingenieurswese kwalifiseer en word aangemoedig om aansoek te doen. Neem asseblief kennis dat slegs SUI-ingenieurstudente per e-pos aansoek kan doen; SVBL sal SUI studente e-pos met instruksies.
Laat aansoeke is oop: 1 Februarie – 31 Maart 2026.
Jannie Mouton
Beurse word op grond van finansiële behoefte en akademiese meriete toegeken. Die waarde van die toekenning wissel. Alle studente kan aansoek doen.
Laai af en voltooi die unieke aansoekvorm gevind onder die Vorms & Beleid-oortjie: FORM JANNIE MOUTON-CUG (vir huidige studente) of FORM JANNIE MOUTON-PUG (vir voornemende studente). Jy sal in die SUFO-aanlyn aansoek gevra word om hierdie dokument op te laai (afdeling 8).
Aansoeke is tans gesluit. Doen asseblief aansoek tydens die 2027-aansoektydperk.
Piet Neethling Opvoedkundige-trustbeurs (slegs FGGW- en AgriWetenskappestudente)
Hierdie beurs versoek inligting oor leierskapsposisies op skool, besonderhede oor deelname aan skoolsport, kulturele aktiwiteite, stokperdjies en ander belangstellings, redes vir jou studiekeuse en enige ander inligting wat jy wil verskaf om jou aansoek om finansiële bystand te motiveer.
Toelatingskriteria Die student moet in óf die FGGW óf die AgriWetenskappe fakulteit geregistreer wees; en die huistaal moet Afrikaans wees.
Laai af en voltooi die unieke aansoekvorm gevind onder die Vorms & Beleid-oortjie: FORM PIET NEETHLING-CUG (vir huidige studente) of FORM PIET NEETHLING-PUG (vir voornemende studente). Jy sal in die SUFO-aanlyn aansoek gevra word om hierdie dokument op te laai (afdeling 8).
Aansoeke is tans gesluit. Doen asseblief aansoek tydens die 2027-aansoektydperk.
PSG
Beurse word op grond van finansiële behoefte en akademiese meriete toegeken. Die waarde van die toekenning wissel. Alle studente kan aansoek doen.
Laai af en voltooi die unieke aansoekvorm evind onder die Vorms & Beleid-oortjie: FORM PSG-CUG (vir huidige studente) of FORM RODNEY AFRICA-PUG (vir voornemende studente). Jy sal in die SUFO-aanlyn aansoek gevra word om hierdie dokument op te laai (afdeling 8).
Aansoeke is tans gesluit. Doen asseblief aansoek tydens die 2027-aansoektydperk.
Rodney Africa (slegs Regsgeleerdheidstudente)
Wie kwalifiseer? Studente wat vir ’n regsgraad studeer; voorgraadse Kleurling en Swart studente; voorkeur word gegee aan alumni van Hoërskool Lückhoff en/of studente uit die Stellenbosch-omgewing. ’n Beurs word jaarliks deur mnr. Rodney Africa, ’n US-alumnus, toegeken.
Laai af en voltooi die unieke aansoekvorm gevind onder die Vorms & Beleid-oortjie: FORM RODNEY AFRICA-CUG (vir huidige studente) of FORM RODNEY AFRICA-PUG (vir voornemende studente). Jy sal in die SUFO-aanlyn aansoek gevra word om hierdie dokument op te laai (afdeling 8).
Aansoeke is tans gesluit. Doen asseblief aansoek tydens die 2027-aansoektydperk.
Sheila Brand-beurs
Die volgende kriteria – in geen volgorde van voorkeur nie en volgens die uitsluitlike goeddunke van die fonds – sal in ag geneem word by die toekenning van beurse:
- Finansiële behoefte (hetsy ten opsigte van die hele of ’n gedeelte van die studiebehoeftes vir ’n akademiese jaar)
- Akademiese meriete
- Prestasie in leierskap, sport, kultuur en gemeenskapsdiens
In die geval van ’n konflik tussen die Afrikaanse en Engelse weergawes van die aansoekvorm, sal die Engelse weergawe voorkeur geniet. Hierdie beurs mag nie sonder die toestemming van die trustees gelyktydig met ander studiebeurse of toekennings gehou word nie. Alle aansoekers moet beskikbaar wees vir ’n persoonlike onderhoud met die trustees, op hulle eie onkoste, indien dit versoek sou word.
Laai af en voltooi die unieke aansoekvorm gevind onder die Vorms & Beleid-oortjie: FORM SHEILA BRAND (slegs vir huidige studente). Jy sal in die SUFO-aanlyn aansoek gevra word om hierdie dokument op te laai (afdeling 8). Hierdie beurs is nie beskikbaar vir voornemende studente nie.
Aansoeke is tans gesluit. Doen asseblief aansoek tydens die 2027-aansoektydperk.
Vlakte-beurs
Vorige inwoners en afstammelinge (kinders en kleinkinders) van diegene wat in “Die Vlakte” op Stellenbosch gewoon het en in die 1960’s gedwing is om te verhuis, kan vir hierdie beurs aansoek doen. Die Vlakte-gebied word deur Muller-, Ryneveld-, Banghoek-, Smuts-, Merriman- en Birdstraat begrens. Jy kan meer oor hierdie beurs hier te klik.
Laai af en voltooi die unieke aansoekvorm gevind onder die Vorms & Beleid-oortjie: FORM VLAKTE. Jy sal in die SUFO-aanlyn aansoek gevra word om hierdie dokument op te laai (afdeling 8).
Aansoeke is tans gesluit. Doen asseblief aansoek tydens die 2027-aansoektydperk.