Skip to main content

Beurse: US-befondsing

US-befondsing

Voornemende en huidige voorgraadse studente kwalifiseer vir US- finansiële ondersteuning op grond van twee hoofkriteria: finansiële behoefte en akademiese meriete

Studente ontvang finansiële hulp, ongeag hulle ras en geslag, in direkte verhouding tot die omvang van hulle finansiële behoefte soos bepaal deur die dokumentasie oor finansiële omstandighede wat ingedien en deur ’n derde party geverifieer word. Neem asseblief kennis dat US-befondsing meestal slegs gedeeltelike koste is, met toekennings wat in waarde verskil, en daarom word volkostebefondsing nie gewaarborg nie.

SVBL bestuur en administreer ook verskeie beurse namens eksterne skenkers volgens spesifieke kwalifiserende kriteria; daar is ook gesinsbeurse beskikbaar vir studente wat bewyse van afstamming het. Die Beursjaarboek bykomende befondsingsgeleenthede vir die komende akademiese jaar word per fakulteit gelys.

Universiteit Stellenbosch Befondsingsgeleenthede (SUFO) Alle voorgraadse studente word aangemoeding om jaarliks aansoek te doen om vir US-befondsing te kwalifiseer. Dit beteken dat jy op die SVBL finansiële hulpdatabank geregistreer sal wees en dan oorweeg kan word vir enige geskikte befondsing vir ‘n komende akademiese jaar. Die aansoekproses is aanlyn en jy sal na ‘n veilige webwerf gelei word om die aansoek te voltooi. Ons beveel aan dat jy eers die Aansoekproses -oortjie-instruksies hersien om jou ondersteuningsdokumente voor te berei voordat jy Doen nou aansoek kliek.

Merietetoekennings (UGEA) Die US bied ook merietetoekennings (Voorgraadse Toekennings vir Uitnemendheid for eerste-jaar student en die Senior Merietebeurs vir senior-jaar studente) vir jaar-tot-jaar- akademiese prestasie aan.

Sportbeurs Verskeie spesiale beurse is beskikbaar vir diegene wat op ‘n provinsiale of ‘n nasionale vlak sport presteer het.

Beurse en Lenings

In die Beursjaarboek kan jy ’n lys van beurse en fondse vind wat deur die US bestuur word, asook beurse en fondse wat deur privaat maatskappye, trusts en die staat aangebied word. Hierdie beurse en fondse word volgens fakulteit gegroepeer, maar ons stel voor dat jy ongeag jou studieprogram al die inskrywings in Afdeling 1 (studiebeurse vir die meeste van die fakulteite) en Afdeling 3 (Fakulteit Natuurwetenskappe) nagaan. Enige beurs wat oor meer as een fakulteit aangebied word, kom moontlik slegs onder die Fakulteit Natuurwetenskappe voor. Neem asseblief kennis van die verskillende sluitingsdatums en aansoekprosesse.

Alle inskrywings watAansoeke: SUFOsê, beteken dat jy aansoek via die US-Befondsingsgeleenthede -webwerf moet doen.

LET WEL Die 2025-Beursjaarboek was vroeg-Julie 2024 gepubliseer; die 2026-weergawe sal teen einde-Junie 2025 gepubliseer word.

Merietetoekennings

Die Universiteit Stellenbosch ken beurse toe waar akademiese meriete die primêre oorweging is op grond van die finale gepubliseerde graad 12 (matriek) uitslae vir eerstejaarstudente en die jongste eksamenuitslae vir senior studente.

Die Eerstejaarmerietebeurs is in 2023 gestaak en vervang met die nuwe voorgraadse toekennings vir uitnemendheid (UGEA). Die Eerstejaarmerietebeurs is vir die laaste keer in 2023 toegeken om binne dieselfde jaar na die nuwe UGEAs oor te skakel.

Voorgraadse toekennings vir uitnemendheid (vir eerstejaarstudente)

Daar is vier kategorieë van voorgraadse toekennings vir uitnemendheid vir eerstejaarstudente. Hierdie toekennings word uitsluitlik op grond van skolastiese of akademiese prestasie toegeken. Aangesien dit nie op finansiële behoefte gegrond is nie, is daar is geen aansoekproses nie: die finale graad 12-uitslae word outomaties deur ’n rekenaar saamgestel en ontvangers word volgens die akademiese kriteria per merietetoekenningskategorie geïdentifiseer.


Senior Merietetoekenning (vir seniorjaarstudente)

Hierdie akademiesemerietetoekenning is vir senior voorgraadse studente van hulle tweede tot finale* studiejaar. Hierdie beurs word uitsluitlik op grond van skolastiese of akademiese prestasie toegeken. Daar is geen aansoekproses nie aangesien die vorige jaar se finale uitslae outomaties deur rekenaar saamgestel word en ontvangers volgens die vasgestelde akademiese kriteria geïdentifiseer word.

*Neem asseblief kennis dat die toekenning nie terugwerkend toegestaan kan word sodra ‘n student gegradueer het nie, dit wil sê, geen toekenning sal gemaak word op grond van ‘n student se finalejaar voorgraadse resultate nie. Die laaste geleentheid om die Senior Merietetoekenning toegeken te word, is gebaseer op ‘n student se voorlaaste voorgraadse jaareinduitslae


Belangrike bykomende aantekeninge: Toekennings vir uitnemendheid en Senior Merietetoekenning

Hierdie afdeling sluit ook gelde in wat uitbetaal kan word, en waarom ʼn toekenning gekanselleer of verminder kan word.

Werwingsbeurs

Die Werwingsbeurs is sedert 2023 nie toegeken nie. Huidige beursontvangers sal steeds ondersteun word.

Sportbeurs

Several special bursaries are available for students who have excelled at sport on a provincial or national level. This bursary is not awarded nor administered by CUBL.

Please email Maties Sport at [email protected] of skakel 021 808 4642 vir meer besonderhede oor die dokumente wat jy benodig om jou prestasie te staaf. Kyk hier na die sportkodes.