KI en Sosiaal-Bewuste Pedagogieë
- 'n Kortkursus vir US-akademici wat ondersoek hoe KI met sosiaal-regverdige pedagogiese praktyke in hoër onderwys saamvloei.
- Deelnemers sal krities met generatiewe KI omgaan en verken hoe dit gelyke studenteleer kan bevorder of belemmer.
- Die kursus bied samewerkende geleenthede om sosiaal-regverdige pedagogieë toe te pas en leerervarings te ontwerp wat deur KI binne en buite die klaskamer beïnvloed word.
Hierdie kursus bied aan akademici wat aan die US klasgee die geleentheid om hulle kennis en begrip van die rol wat kunsmatige intelligensie (KI) in die verskillende pedagogiese benaderings speel, te verbreed, met die fokus op die bevordering van sosiale geregtigheid.
Die kursus steun op teoretiese perspektiewe en bewysgebaseerde praktyke wat deelnemers die kans bied om kreatief en innoverend te dink oor hoe KI pedagogiese praktyke wat studenteleer ondersteun, kan belemmer en/of bevorder.
Deelnemers sal die geleentheid kry om: (1) hulle begrip van sosiale geregtigheid in die huidige digitaalbemagtigde hoëronderwysomgewing te verdiep; (2) hulle kennis en vaardighede uit te brei om krities met outomatiese instrumente soos generatiewe KI om te gaan; (3) 'n dieper begrip van sosiaal-regverdige pedagogieë en hoe dit studenteleer kan beïnvloed, te ontwikkel; en (4) saam praktiese maniere te ondersoek waarop KI leerervarings in die klas en buite die klas kan vorm.
Hierdie is voldag kursus wat in persoon plaasvind vanaf 20 tot 24 Mei. Kontak asb. vir Magriet de Villiers ([email protected]) om voorlopig te registreer.