Skip to main content
SU opens unique immersive technology lab at the Stellenbosch campus' Library
Image by: Stefan Els
Opvoedkunde Ingenieurswese en tegnologie

Immersiewe Tegnologie-Laboratorium (ITL), US Biblioteek

Magriet de Villiers
05 Maart 2026
  • 'n Interdissiplinêre immersiewe visualiseringsfasiliteit by US wat datavisualisering, VR en navorsingsondersteuning integreer om onderrig- en leerontwerp te versterk.
  • 'n Doelgeboude 50m², 270° panoramiese projeksieruimte wat hoë-resolusie, immersiewe leerervarings moontlik maak wat konseptuele begrip verdiep.
  • Ondersteun kurrikuluminnovasie oor dissiplines heen en bemagtig akademiese personeel om komplekse inhoud in boeiende, interaktiewe leerervarings te omskep.

Die ITL is as 'n uitbreiding op die bestaande skeppingsruimte ('Makerspace') in werking gestel, voeg verrykte visualiseringsdienste tot die biblioteek se bestaande data-visualiseringsteundiens toe en brei uit op die skeppingsruimte se bestaande suite van 3D-inhoudskeppings- en redigeringsdienste. Sodoende integreer die ITL die bestaande data-visualiseringsgeletterdheidsopleidingsdiens, die virtuele realiteit (VR) kopstuk- vertoonervaringsdiens, en nuwe navorsingsdata-visualiseringsdienste tot een gekonsolideerde indompelende visualiseringsomgewing. Dit plaas die ITL in 'n unieke posisie as 'n interdissiplinêre navorsingsteundiens aan die US, toeganklik vir studente en fakulteitslede oor die hele spektrum van akademiese dissiplines heen.

Die ITL is 'n virtuele en versterkte realiteitsvisualiseringsruimte met 50m² se panoramiese visualisering in ’n vertrek met 'n vertoonoppervlakte van 270°. Dit is ontwerp as 'n 'ware indompelende' projeksiegebaseerde ervaring, met 'n grootte van 45 PPD (beeldelement per graad) en met 'n vertrek- en projektoruitleg wat vir toekomstige 12K-inhoudbeeldlewering bevorderlik is. In die praktyk beteken dit dat personeel en studente wat die ITL gebruik, visuele indompeling in 'n projek sal ervaar – met die toepassing van virtuele en versterkte realtiteit om diep betrokke, gesimuleerde ervarings vir opvoeding, navorsing, opleiding en die industrie te skep. Voorbeelde van praktiese aanwending is verpleegkunde-studente wat hospitaalprosedures kan oefen; ingenieurs wat 'binne-in' virtuele 3D-modelle van konstruksiepersele kan wees; en die skep van klimaatwetenskapmodelle, soos die oordra van onsigbare kweekhuisgasdata na sigbare, verstaanbare ervarings.

Om te verken hoe die ITL jou kursuswerk kan verbeter of die tradisionele styl van klaskameronderrig kan verryk, kontak gerus jou fakulteitsbibliotekaris om jou met die maak van 'n afspraak te help, of kontak die hoof van die skeppingsruimte, mnr Norman Hebler, direk by [email protected].

Verwante stories