Skip to main content

Meer oor ons​

Die gebruik van leertegnologieë ter ondersteuning van onderrig en leer het al hoe belangriker geword. Nie net het ontwrigtings en ontwikkelinge in die hoër onderwyssektor in die verlede die geleenthede wat deur opvoedkundige tegnologieë geskep word, uitgelig nie, maar die belangrikheid van leergesentreerde benaderings, verbondenheid en die student se konteks is ook benadruk, saam met die gebruik van leertegnologieë om die leeromgewing van studente te verryk.

Die Sentrum vir Leertegnologieë (SLT) vorm deel van die Afdeling vir Leer- en Onderrigverryking (Afdeling vir LOV) van die Universiteit Stellenbosch. Die SLT werk nou saam met ander sentra in die Afdeling vir LOV (nl. die Sentrum vir Onderrig en Leer, die Taalsentrum en die Sentrum vir Akademiese Beplanning en Gehalteversekering) en in samewerking met die fakulteite (in noue samewerking met die Gemengde Leer Koördineerders – GLK's – in elke fakulteit) om die leer- en onderrigervaring vir studente en akademici uit te brei.​​

Die wederkerige betrokkenheid tussen die SLT en ander sentra en fakulteite vind plaas deur:

MGPg15a.png

die betekenisvolle en innoverende gebruik van leertegnologieë

MGPg10_9.png

die gebruik van leertegnologieë om leeraktiwiteite vir inwonende en nie-inwonende studente uit te brei

MGPg4_1.png

die voorsiening van raad oor betekenisvolle en innoverende maniere om leertegnologieë te gebruik wat gegrond is in die akademieskap van onderrig en leer en wat die doeltreffendheid van onderrig en leer sal verhoog

MGPg3_1.png

digitale sosiale responsiwiteit en welsyn om gehalte hoër onderwys te verseker, asook die gesamentlike skepping van kennis, studentesukses en lewenslange leer

Wat begin het as Telematiese Dienste aan die US staan nou bekend as die Sentrum vir Leertegnologieë. Telematiese Dienste is egter steeds ’n integrale aanbieding van die SLT. Hierdie aanbod het verder uitgebrei na ’n projek wat bekend staan as die Telematiese SkoleProjek, wat aangebied word deur die Wes-Kaap Onderwysdepartement en die Universiteit Stellenbosch se Sentrum vir Leertegnologieë. Soos die SLT gegroei het, het die behoefte aan akademiese ontwikkeling, opleiding en ondersteuning in verskeie aspekte wat verband hou met leertegnologieë al hoe duideliker geword. Die SLT verskaf strategiese leierskap, leiding en ondersteuning oor die integrasie van leertegnologieë aan verskeie belanghebbendes aan die US, asook in vennootskap met hulle. Die meerderheid opleiding en ondersteuning wat deur die SLT verskaf word, is op die Moodle-gebaseerde Leerbestuurstelsel (LBS), genaamd SUNLearn. Hierdie belangrike platform word as ’n virtuele leerruimte gebruik waar dosente en/of tutors gebruik maak van leertegnologieë om by studente betrokke te raak, en waar studente, op hulle beurt, toegang kry tot dosente, tutors, leermateriaal, leeraktiwiteite, assesserings en ander studente.

Contact us

Dr Jan Petrus Bosman

JP_Bosman
Direkteur | Sentrum vir Leertegnologieë
+27 21 808 3077

Ms A'isha Salaam

Aisha.jpg
Senior Sekretaresse | Sentrum vir Leertegnologieë
+27 21 808 3563

Klik hier vir die SLT organogram.

 Alle ikone onder lisensie via Adobe Stock/stock.adobe.com