Skip to main content
Image under license by Frolopiaton Palm/freepik.com

Leertegnologie Ondersteuning

LTO​​​​​​​

​​​​Die Sentrum vir Leertegnologieë (SLT) verskaf opleiding en ondersteuning aan dosente oor die integrasie van leertegnologieë aan die US. Een voorbeeld van sulke leertegnologieë wat deel vorm van die basis van onderrig, leer en assessering (OLA) aan die US is die Moodle-gebaseerde leerbestuurstelsel (LBS), bekend as SUNLearn. Die Leertegnologieë Ondersteuningsafdeling (LTO) by die SLT verskaf basiese opleidingsessies op SUNLearn wat raad en ondersteuning insluit oor hoe om tegnologie soos SUNLearn, Microsoft Teams en ander Universiteitsondersteunde sagteware te integreer. Daar moet egter daarop gelet word dat leertegnologie en ondersteuning (LTO) aan die SLT nie verwar moet word met IT-ondersteuning nie. Maak dus asseblief seker dat u die algemene IT-hulplessenaar kontak deur 'n navraag te stuur via die ICT Partner Portal vir enige ondersteuning en raad m.b.t. inligtingstegnologie (IT) en/of rekenaars.

Die Moodle-gebaseerde leerbestuurstelsel (LBS) aan die US staan bekend as SUNLearn. Hierdie platform verskaf 'n virtuele leerruimte waar dosente en studente met mekaar skakel, asook met studente-eweknieë, die leerinhoud en leer- en assesseringsaktiwiteite. Dosente en studente het toegang tot hierdie platform en kan opleiding en ondersteuning versoek om hulle begrip en gebruik van SUNLearn in die uitbreiding van OLA te bevorder.​

Klik hier vir toegang tot u modules en/of die ondersteuningsbladsye op SUNLearn.

Hulpbronne

​Om die SUNLearn Hulptoonbank te besoek, kliek hier.

Kontak Ons

Mnr Morris Samuels​

Morris_Sameuls
Adviseur | Leertegnologie Ondersteuning
+27 21 808 2222

Mnr Thys Murray

Thys_Murray
Senior Leertegnologie Beampte | SUNLearn & Leertegnologie Ondersteuning
+27 21 808 2222

Mnr Reuben van Oordt

Reuben
Senior Leertegnologie Beampte | SUNLearn & Leertegnologie Ondersteuning
+27 21 808 2222

Me Danielle Greenstein

Head and shoulders of Mrs Danielle Greenstein
Leertegnologie Ondersteunings-beampte
+27 21 808 2222

Me Nomcebo Zondi

Nomcebo-Zondi
Leertegnologie Ondersteunings-beampte | Hibridiese​leer (na-ure)
+27 21 808 2222​​​​​​​​​

ERKENNING: Prent onder lisensie deur Frolopiaton Palm/freepik.com