Image under license by DC Studio/freepik.com
Breadcrumb
Camtasia
Camtasia | 'n Self-Help Opleidingskursus
Image by: Camtasia Studio Logo
Wil jy kwaliteit videos skep maar het nog nie die sagteware of die vaardighede nie? Camtasia Studio is 'n videoredigeringsprogram wat maklik is om te leer en wat jou in staat stel om videos te skep en in diepte te redigeer.
Hierdie kursus is volledig aanlyn en is gemik op personeel wat akademiese inhoud wil skep om beide hul onderrig asook hul studente se leerervaring te verbeter. Jy voltooi hierdie kursus op jou eie tyd en met voltooiing ontvang jy die lisensie tot die volledige produk sowel as die lisensie tot die skermopnameprogram Snagit.
Basiese onderwerpe wat in hierdie kursus gedek word
- Neem jou skerm op;
- Neem jouself op;
- Basiese klank redigering;
- Splitsing en aanheg van media; en
- Baie meer effekte om mee te speel.
Verwagte uitkomste van die kursus
Om hierdie kursus te voltooi, word daar van jou verwag om die volgende basiese uitkomste te bemeester:
- Jy moet 'n video projek kan skep;
- Jy moet dit op een of ander wyse kan redigeer; en
- Jy moet dit korrek kan publiseer.
Kontak die Fasiliteerder
ERKENNING: Prent onder lisensie deur Freepik/freepik.com