Die Bedryf, Telematiese Dienste en Projekte- (BTP-)span in die Sentrum vir Leertegnologieë (SLT) is verantwoordelik vir die daaglikse operasionele bestuur van die Sentrum. Dit sluit in toesig oor finansiële bestuur, fasiliteite, stelsels en belanghebberbetrekkinge sowel as die koördinering van projekte en inisiatiewe vir korporatiewe sosiale belegging (KSB).
As deel van ons aanbod lewer die Sentrum 'n reeks professionele multimediadienste wat ontwerp is om leer en onderrig te ondersteun en te bevorder. Hierdie dienste stel fakulteite in staat om te innoveer, te vernuwe en te digitaliseer wat akademiese inhoud betref, wat 'n boeiender en toegankliker leerervaring verseker.
Benewens bogenoemde verantwoordelikhede bestuur die BTP-span 'n geïntegreerde inligtingstelsel wat die koördinering van alle dienste en fasiliteite ondersteun deur aktiwiteite via 'n sentrale operasionele platform na te spoor. Dit verseker doeltreffendheid en aanspreeklikheid.
Alle SLT-dienste kan op die bedryfstelsel bespreek word.
Skep. Neem op. Inspireer.
Gereed om iets besonders te skep?
ONS MULTIMEDIA DIENSTE
VIDEOPRODUKSIE
Skakel jou onderrig oor vir die skerm.
> Ateljee-opnames
> Mobiele opnames
> Ligbord-opnames
> Groenskerm-opnames
> Intydse stroming
> Geleentheidsopnames
> Bemarkingsvideo’s
> Bekendstellingsvideo’s oor fakulteite of modules
> Vervaardiging vir die US-beeldbiblioteek
VIDEOREDIGERING
Omskep jou opnames in afgeronde inhoud.
> Opening en afsluiting met US-handelsmerking
> Strapline teks (Naam ens.)
> Gratis voor- en naproduksie-konsultasie
Diens teen betaling:
> B-roll-integrasie (aanvullende beeldmateriaal)
> Teks-oorlegging (text overlays)
> Videoredigering
STEM EN OUDIO
Voeg professionele klank by jou inhoud.
> Skepping van podsendings (oudio of video)
Diens teen betaling:
> Kommentaarstem-opname
> Redigering van podsendings (oudio of video)
GRAFIESE ONTWERP
Versterk jou onderrig-beeldmateriaal.
Diens teen betaling:
> Infografika
> Ikone met die US-handelsmerk
> SUNLearn-baniere en -grafika
> KI-gesteunde beeldgenerering
MULTIMEDIA-ONDERSTEUNING
Idees of vrae oor multimedia?
> Stuur jou navraag sodat ons span kan assesseer hoe ons kan help.
*Neem asseblief kennis dat die gratis dienste slegs vir US-personeellede geld. Eksterne projekte en samewerkings is ten volle faktureerbaar.
Jou idees. Ons ateljee.
Korporatiewe Sosiale Belegging (KSB) Inisiatiewe
Vaardigheidsontwikkeling Werkswinkels in Kwesbare Gemeenskappe
Telematiese dienste in vennootskap met verskeie belanghebbendes bied vaardigheidsontwikkeling werkswinkels in kwesbare gemeenskappe aan wat onderwerpe insluit soos:
- Sosiale media-invloed en impak – Positiewe en negatiewe handelsmerk/selfbeeld, sosiale media-invloed en kubersekuriteit;
- Meisiesbemagtiging – Rol van vroue in die samelewing, selfbeeld, The Power of Purpose;
- Seunsbemagtiging – Die rol van/deur 'n man by die huis, kultureel en in die samelewing, giftige manlikheid en om jou doel te vind;
- Leierskap, empatie en emosionele intelligensie; en
- Entrepreneurskap en finansiële geletterdheid.
Siyanqoba Dagsorg
Die Universiteit van Stellenbosch se SLT het die Siyanqoba Dagsorg, wat geleë is in die hart van Kayamandi net buite Stellenbosch, in 2016 onder sy vlerk geneem. Die verhouding is 'n bron van vreugde vir die SLT-span, wat saam met die kinders jaarlikse gebeurtenisse soos Valentynsdag partytjies, Mandela dae en Kersfees partytjies vier.
Die dagsorg sorg vir ongeveer 60 kinders en hulle kry nie net maandelikse voorrade en skryfbehoeftes van die SLT nie, maar hulle kry ook 'n dosis liefde en sorg van die hele span.
ERKENNING: Foto's deur SLT


















