Skip to main content
Image under license by science-clothes484/freepik.com

Een van die wyses waarop die SLT ondersteuning aan verskeie belanghebbendes bied, is deur die skep en/of beskikbaarmaking van toepaslike hulpbronne. 

Die hulpbronne wat op hierdie bladsy aangetref word, kan in drie kategorieë groepeer word. Kliek op die toepaslike skakel hieronder om toegang tot die betrokke hulpbron te verkry, of kontak een van die adviseurs vir meer inligting.

Ooptoegang Hulpbronne

Ooptoegang hulpbronne wat deur die SLT ontwikkel is en aan die US sowel as die eksterne gemeenskap beskikbaar gemaak word

Uitgebreide Leerruimtes (ELS)

Hulpbronne wat tydens die projek vir Uitgebreide Leerruimtes (ELS), wat deur die US van stapel gestuur is, aan US personeel beskikbaar gemaak word

Ander US Hulpbronne

Ander Universiteit Stellenbosch (US) hulpbronne wat hoofsaaklik aan US personeel en/of studente beskikbaar gemaak word


SLT Ooptoegang Hulpbronne

Belyn met ons visie en missie by die SLT – om betekenisvolle en innoverende gebruik van tegnologie vir leer by die US te inspireer, ondersteuning in die integrasie van leertegnologieë te bied, 'n navorsingsgebaseerde benadering tot leer-onderrig projekte aan te moedig, dienste wat met multimedia bronne verband hou te bied en om tot gemeenskapsinteraksie inisiatiewe verbind te wees – ontwikkel en stel ons verskeie hulpbronne, wat met die innoverende gebruik van tegnologie vir leer verband hou, wat onmiddellik, aanlyn en gratis verkry kan word, beskikbaar. Sodanige hulpbronne staan as oop toegang hulpbronne of oop toegang opvoedkundige bronne (open education resources – OER) bekend.

Kliek op die skakel hieronder om toegang tot die gekose ooptoegang hulpbron van die SLT te verkry:
OER.jpg

Uitgebreide Leerruimtes (ELS) Projek Hulpbronne

Die projek vir Uitgebreide Leerruimtes (Extended Learning Spaces - ELS) aan die US het tegnologie in verskeie lokale installeer met die oog daarop om die uitsendings en opnames van lesings moontlik te maak. Die projek vir ELS is nie net tot die aanspreek van uitdagings tydens uitgebreide afstandsonderrig (ARTLA) beperk nie, maar ook met toekomstige onderrig-en-leer ondersteuning belyn soos in die Onderrig- en Leerbeleid (2018) uiteengesit.

Lees meer oor die implementering van die projek vir ELS in die US Fakulteit Ingenieurswese.

Kliek op die onderstaande skakel om toegang tot die interne US ELS hulpbronne te verkry:
ELS.jpg

US Hulpbronne

Wederkerige interaksie tussen die SLT en ander sentra en fakulteite aan die US kan, deur byvoorbeeld die gebruik van leertegnologieë om leeraktiwiteite vir studente uit te brei, plaasvind. Hulpbronne aan US personeel en studente, ter ondersteuning van bogenoemde interaksie, kan hieronder aangetref word.

Kliek op die toepaslike skakel om toegang tot die interne US hulpbron te verkry:
Other.jpg

ERKENNING: Prente onder lisensie deur Freepik/freepik.com