Die doel van hierdie hulpbronne is om uit die ervarings van dosente uit verskillende US-fakulteite te put vir idees hoe onderrigpersoneel bepaalde pedagogiese uitdagings kan aanpak deur leertegnologieë te integreer. Ons fokus hoofsaaklik daarop om pedagogiese uitdagings op te los en om 'n gemeenskaplike begrip te vorm van die gebruiksmoontlikhede wat die voorgestelde leertegnologieë bied. Vir verdere onderrigsteun, kontak asseblief die koördineerder vir gemengde leer by jou fakulteit of besoek SUNLearn vir die opleidingsmodule vir fasiliteerders.
Tydige Onderrig, Betrokkenheid en Motivering
Om gedetailleerde inligting oor die volgende onderwerpe te besigtig, kliek hier:
- Verskaf onmiddellik terugvoer oor konseptuele begrip tydens lesings (Clicker op SUNLearn - klikkerstelsel)
- Stimuleer studentebetrokkenheid in groot klasse (omgekeerdeklaskamer-onderrig met potgooie)
- Oorbrug die gaping wat tussen notas afneem en taalversperrings ontstaan (opnames van lesings)
- Bevorder studentebetrokkenheid deur motivering (spelifiëring met Badges op SUNLearn - prestasietoekennings)
- Stimuleer studentebetrokkenheid met onmiddellike terugvoer en spelifiëring (Socrative Quizzes - vasvrae)
Skep Geleenthede vir Hersiening
Om gedetailleerde inligting oor die volgende onderwerp te besigtig, kliek hier:
- Skep geleenthede vir hersiening buite kontaktyd (Quiz op SUNLearn)
Skep Geleenthede vir Nadenke
Om gedetailleerde inligting oor die volgende onderwerpe te besigtig, kliek hier:
- Verryk studente se nadenke (Blogger)
- Verryk studente se nadenke (ePortfolio op SUNLearn - e-portefeuljes)
Bestuur Administrasie van en Terugvoer oor Werkopdragte en Projekte
Om gedetailleerde inligting oor die volgende onderwerpe te besigtig, kliek hier:
- Verbeter terugvoer oor werkopdragte aan groot getalle studente (Workshop-nutsmiddel op SUNLearn)
- Bestuur langer termyn projekte met groot klasgroepe (Wikis op SUNLearn)
- Bestuur puntetoekenning vir skriftelike werkopdragte (Assignment-nutsmiddel op SUNLearn)
Geleenthede vir Afstandsonderrig en Beperkte Kontaktyd
Om gedetailleerde inligting oor die volgende onderwerp te besigtig, kliek hier:
- Skep interaktiewe lesse vir selfstudie (iSpring-lesings)
Verskillende Metodes om Tradisionele Aangesig-tot-Aangesig Lesings te Benader
Om gedetailleerde inligting oor die volgende onderwerp te besigtig, kliek hier:
- Help studente om die groter prentjie te sien (CMap Tools)
ERKENNING: Prent onder lisensie deur Freepik/freepik.com