Omgewingsvolhoubaarheid is 'n kernkomponent van die Universiteit Stellenbosch se strategiese program, wat daarop gemik is om 'n gemeenskap van volhoubare veranderingsmakers te skep. Saam streef ons daarna om 'n nalatenskap in volhoubaarheid vir toekomstige geslagte te skep en agter te laat.
Die Universiteit Stellenbosch ondersteun die Verenigde Nasies se Volhoubare Ontwikkelingsdoelwitte (SDG's) as 'n pad na verantwoordelike ontwikkeling.
Jongste nuus
US-studente, personeel vier saam Aardedag 2025
Die Universiteit Stellenbosch (US) se studente en personeel het die strate op kampus ingevaar om Aardedag 2025 te vier met 'n stap en skoonmaak-aksie op 22...
Gebeure
Die Universiteit Stellenbosch vier Aardedag 2023 met 'n twee dae lange uitstalling by Jan Mouton
Ons vier Aardedag op 22 April 2023, en die Universiteit Stellenbosch begin reeds vroeg vier met 'n omgewingsvolhoubaarheid-ekspo by die Jan Mouton-leersentrum...
Impak
US stewig oppad na netto nul met die bekendstelling van sy Omgewings-volhoubaarheidsplan
Die Universiteit Stellenbosch (US) het 'n ambisieuse reis na netto nul in 2050 aangepak met die bekendstelling van die instelling se eerste...
US se volhoubaarheidsbeginsels
Die Universiteit Stellenbosch het hom daartoe verbind om gelei te word deur 'n stel omgewingsvolhoubaarheidsbeginsels in sy daaglikse bedrywighede, sy besluitneming, in die identifisering van projekte en hoe hierdie projekte uitgevoer word. Hierdie beginsels help om omgewingsvolhoubaarheid deurlopend in alle fasette van die Universiteit te integreer. Hulle is:
- Die etiese gebruik van natuurlike hulpbronne: Die US streef daarna om hulpbronne verantwoordelik te gebruik.
- Betekenisvolle betrokkenheid: Die US betrek die Instelling en plaaslike gemeenskappe aktief om 'n regeneratiewe kultuur te bevorder wat omgewingsvolhoubaarheid bevorder en aandryf.
- Navorsing: Die Universiteit erken sy verantwoordelikheid om innoverende navorsing te ondersteun om 'n beter omgewingsvolhoubare wêreld te skep.
- Onderwys: Die US erken dat onderrig- en leerprogramme toekomstige geslagte en studente moet inspireer en ondersteun om leiers te wees wat 'n omgewingsvolhoubare toekoms koester.
- Etiese verkryging: Die US poog om goedere en dienste te verkry deur gebruik te maak van volhoubare en gesertifiseerde etiese bronne en praktyke.
Raak betrokke
Wees deel van die Universiteit Stellenbosch se net-zero reis en sluit sommer vandag nog by ons volhoubaarheidsnetwerk aan: ontvang opdaterings oor aktiwiteite en byeenkomste op kampus deur 'n e-pos te stuur na [email protected].
Ontmoet ons Omgewingsvolhoubaarheidspan
Nadeem Gafieldien
Direkteur Omgewingsvolhoubaarheid
John de Wet
Bestuurder: Omgewingsvolhoubaarheid
Saudah Jacobs
Administratiewe beampte: Omgewingsvolhoubaarheid
Taariq Fakier
Bewarings- en Afvalbestuurspesialis
Dannica Pedro
Omgewingsvolhoubaarheidskoördineerder
Nelisa Mpama
Omgewingsvolhoubaarheidspesialis
Christine Groenewald
Omgewingsvolhoubaarheidkoördineerder